[Foto] Selfs tornado keer SA man nie om gras te sny

Theunis Wessels sny gras terwyl ‘n tornado in die agtergrond draai (Foto: Cecilia Wessels)

ʼn Foto van ʼn Suid-Afrikaanse man wat in Alberta in die weste van Kanada woon en houtgerus voortgaan om gras te sny terwyl ʼn tornado in die agtergrond draai, het die internet behoorlik op hol.

Theunis Wessels se vrou, Cecilia, het aan die Kanadese koerant Times Colonist vertel haar man het deurgaans “ʼn ogie [op die tornado] gehou” en is daarom nie deur dié verskynsel die skrik op die lyf gejaag nie.

Cecilia het gesê haar man het vroeër die week reeds beplan om Vrydag die gras te sny, en was nie van plan dat ʼn tornado sy planne in die wiele ry nie.

Sy is kort vantevore kamer toe vir ʼn middagslapie, maar is enkele minute later deur haar dogter wakker gemaak wat sê haar pa weier om in te kom en op te hou gras sny terwyl ʼn tornado woes in die agtergrond draai.

Cecilia het toe dié foto geneem wat soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het.

“Ek het die foto geneem om my ma en pa in Suid-Afrika te wys daar was ʼn tornado hier naby ons, maar niemand kan glo dat my man aanhou gras sny het nie,” het sy vertel. “Almal in ons straat het gestaan en foto’s neem.”

Theunis het ook aan die koerant gesê sy lewe was nie een keer in gevaar nie.

“Dit lyk baie nader as jy op die foto kyk, maar dit was eintlik baie verder weg gewees. Wel … nie baie ver nie, maar ver genoeg van ons af,” het hy geterg. “Ek het ʼn ogie daarop gehou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Andrea ·

In Suid-Afrika wod ons daagliks deur baie wreder dinge as ‘n natuurramp bedreig. Die man laat hom nie deur ‘n tornado bangmaak nie :)

Gawie ·

Die man het mos gesê hy gaan Vrydag die gras sny – hy’s duidelik ‘n man van sy woord! Gaan nie dat ‘n bietjie wind sy planne in die wiele ry nie.

Pierre de Villiers ·

Het hy oor sy skouer geloer vir die Tornado, of vir sy vrou?

schalk ·

Kyk hys baie braaf….maar nie braaf genoeg om in suid afrika agter te bly nie!!!! Nou moet jy weet watse ysters is die wittes wat hier op plase bly!!!

Hendrik ·

Hy het die geleentheid gemaak om oor te gaan. Gun hom dit. Sý lewe, sý sukses.

Alet ·

schalk, sien jy op die foto, hier in Kanada sny ons ons eie gras en is baie veilig, die heining is maar ‘n lae houtheining op die rand van die dorp om meestal diere uit te hou. Dit is wonderlik om in so ‘n veilige land te leef – ek wens van harte julle kon almal deel in die wonderlike ervaring wat ons hier gegun word om in vrede en vryheid te leef. As dit nie moontlik vir julle is om dit hier te kom ervaar nie dan dink ek daar is nog hoop dat julle dit daar vir julle self kan skep. Hier is nou die belangrike vraag vir jou:

Wie sny jou gras en jou bure se gras, jy of umFana en sy maats? Hoe veilig is julle daar waar ander julle gras vir julle sny, en julle werk vir julle doen. As jy die konneksie kan maak dan is daar dalk nog hoop vir julle brawe ysters daar in SA – die besluit is joune om te maak.

Johannes van Staden ·

SA is gladnie veilig nie …hier het kimenele meer regte as die wetsgehoorsame burgurs wat net belasting betaan en GEEN voordele van dit het nie …geen medies net mooi NIKS …en moet heeltyd hoor by die regering hoe sleg mens is en hoe jy jou grond gesteel het

Dorpsmeisie ·

Hoekom kla ons oor ‘n land waarin ons as Afrikaners onstaan het? Ons het hier Afrikaners geword. Nou vra ek vir jou, waar is jou moederland?
Help bou aan ‘n Afrikaner stad! Ek is ‘n baie jong Suid-Afrikaner en ek sien die groot toekoms van Suid-Afrika raak.
Hoe kan jy nie?

Suzette ·

10 uit 10 vir jou Alet. My seun werk tans oorsee en se dat daar geen rede is om nog in SA te bly nie. Hy praat ook van die veiligheid, vrede en vryheid wat ons regtig nie meer hier het nie.

Reti ·

Wel, ons voorvaders is kaalvoet oor Drakensberge. Wat is ‘n ou tornadotjie nou? ;)

Nettie ·

En hier slaan die weerburo en NSRI ‘n Babelse kabaal op oor ‘n gewone Kaapse winterstorm met sterk winde en moontlik 50mm reën oor ‘n periode van 24 uur – skole word gesluit en die mense koop (seker) pakke-vol kerse, gas, lampolie, gebottelde water en alle vorms van gedroogde kosse ens. – baie het al verlof ingesit omdat hulle kinders nie môre kan skool toe gaan nie …. Ek bly ook sommer môre by die huis en lê en lees heeldag!

cor ·

Alet kom ek stel dit so aan jou elke land het maar sy beserings, so moet nie voorgee dit is beter daar nie . Ons het vriende en familie daar en hier is baie wat vertel die gras nie werklik so groen is daar nie. Ons hier in SA kan darem ook nog sien , lees en skryf. Jy maak van jou eie plek n veilige hawe, ek sny my gras het nie nodig om umfaan of sy broer of sy pa te kry nie. Ek bly al 67 jaar in SA en nog nooit n probleem gehad nie, want ons glo daaraan leef en laat leef en bemoei jou met jou eie sake dan is daar nie probleme nie. Het dit ook nog nooit nodig gevind om weg tehardloop van n situasie nie.

schalk ·

Hendrik en Alet. Ons almal gun julle dit. Ek was self 7 jaar in die buiteland asook die amerikas. Maar julle kan se wat jul wil, om weg te hardloop maak nie die probleme vir die wat agterbly beter nie. En ek se nie mens moet nie land uit nie! Maar terwyl ek daai kant was, het ek maar nogsteeds geworry oor my familielede in SA.
En dit is maar nie huis nie! Soos ek sê, ek was 7 jaar in die buiteland….maar as ons SA toe te gaan het, het ons altyd gepraat van ” ons gaan bietjie HUIS toe!!!”

Ons het nooit tuis gevoel in enige van die ander lande nie…agv jy word hanteer as n ” forenner”! Eks bly vir almal wat gelukkig is…maar moenie van SA vergeet nie!

Die Here het nie van ons vergeet nie…al voel ons hier in SA soos “forenners” huidiglik!

Ai ·

Ek het hierdie op n Amerikaanse nuusblad gelees en meeste van die kommentaar van die Amerikaners was bitter vieslik. Meestal seker omdat hulle dink hys n gebore Kanadees en hulle hou mos nie van die Kanadeers nie.

Elk geval, ek wens hulle die beste toe. Hulle is gelukkig om te kon immigreer.

Nico ·

Wonderlike vriendin van my het 5 jaar in Houston gebly. Geen noemenswaardige misdaad, maar effektiewe misdaadvoorkoming! Kom ons strewe daarna!

Wysneus ·

Jammer julle almal maar die foto kom van oorsee af !! En hoekom was die “tornado” nie in die nuus nie. Ek vra ook maar net.
Die foto kom dus van Canada Alberta Three Hills

Ai ·

Wysneus…. Tornados in Alberta gebeur gereeld. So nee, dit gaan beslis nie ons nuus haal nie. In Kannada kry die mense tornado warnings maar nie elke tornado word n nuusberig van geskryf nie.

Kobus ·

Gaan my verstand te bowe hoe die oulike berig ontaard het in kritiek op die mense wat die land verlaat het en selfs geblameer word vir n referendum uitslag van 25 jr gelede – klink amper soos die ANC wat na 23 jaar nog steeds als blameer op apartheid- beweeg aan. Elke persoon se omstandigheide verskil en elkeen doen wat die beste is vir hom/haar of hul kinders. Diegene wat gaan , hardloop nie weg omdat hulle bang is nie, hul doen so vir baie ander redes, respekteer dit. Dink baie mense het nie n idee hoeveel moed dit vat om die bekende vir die onbekende te verruil nie. Die verskil tussen n emigrant en n vlugteling is dikwels net tyd (soos baie Zimbabwiers sal getuig) – mog dit nooit die geval wees in SA nie. Groete en lag maar saam oor die man se verhaal – maak nie saak waar ons SA’s ons bevind nie, ons word nie maklik afgeskrik nie!

Barney ·

Party mense sal ook enigiets doen, net om nie skottelgoed te was nie.

cor ·

Eintlik bewe sy broek daar maar hy probeer dapper wees en wil vir sy familie en vriende wys hy kan in die vreemde regkom, maar dit is nie waar nie hy en sy gesin verlang terug want hoekom anders sal hulle die foto wou share.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.