Suid-Afrika se Kevin Anderson het Maandag in die tweede stel van sy vierde ronde-wedstryd by die Franse Ope teen Marin Cilic weens ʼn beenspierbesering onttrek.
Lees meerAlles vir Maandag 5 Junie 2017
Versoek om BTW-terugbetaling aan Guptas te ondersoek
‘n BTW-terugbetaling van R70 miljoen is verlede week aan die Guptas gedoen tot voordeel van hul maatskappy Oakbay Investments.
Sewe plaasaanvalle: Premier moet ingryp soos by Coligny
“Mahumapelo se stilswye oor hierdie kwessie tot op hede kan maklik die indruk skep dat hy hom nie aan plaasaanvalle steur nie.”
Polisieman gevonnis oor twee moorde
ʼn Polisiebeampte is in die Ramsgate-hooggeregshof in KwaZulu-Natal skuldig bevind op aanklag van twee moorde.
Nog twee Boksenters onttrek met beserings
Drie van die Springbokke in die groep van 32 spelers wat sedert verlede Maandag vir die toetsreeks teen Frankryk voorberei, sal nie vir Saterdag se eerste toets op Loftus oorweeg word nie.
Brown ondersoek Molefe-hofdokumente
Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, bestudeer hofdokumente wat Brian Molefe ingedien het om sy afdanking as uitvoerende hoof van Eskom te daag, het haar kantoor Maandag gesê.
Mugabe se ‘grondhervormingsplaag’ ’n gevaar vir SA
Mugabe het aan sy Zanu-PF ondersteuners dit duidelik gemaak dat sy regering met hernude grondgrype teen die handjievol oorblywende wit boere in die land sal begin.
Hof lewer uitspraak in Pienaarspoort-grondbesettersaak
Die hofbevel bepaal dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) tesame met die plaaslike balju enige en alle onwettige okkupeerders van die grond moet verwyder met onmiddellike effek.
Malema se Vrystaat-grondgrypsaak uitgestel
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), se grondgrypsaak is Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof tot Oktober uitgestel.
Vyf vas ná paramedici in Kaapstad beroof is
Vyf persone is Maandag in hegtenis geneem nadat paramedici met vuurwapens gedreig en beroof is toe hulle ʼn pasiënt met ʼn hartaanval in Heideveld, Athlone in Kaapstad behandel het.
Zain Davids vir twee wedstryde geskors
Zain Davids, flank van die Junior Springbokke, is vir twee wedstryde geskors nadat hy Sondag in die wedstryd teen Georgië van die veld gestuur is omdat sy kop tydens ʼn onderonsie met dié van ʼn teenstander kontak gemaak het.
ToekomsVenster: Jesus se passie
Help my om nie vir myself te leef nie, maar om om te gee soos U omgegee het, sodat ek ook my lewe sal gee vir hierdie wêreld.
Nog ʼn terugslag vir Gupta-maatskappy
Verlede jaar het Suid-Afrika se grootste banke, waaronder Absa, Nedbank, FNB en Standard Bank, hul sakeverhoudinge met die Guptas se besighede beëindig weens die politieke risiko daaraan verbonde om met die familie verbind te word.
Verkragting kom aan lig toe meisie (11) begin kraam
“Sy het begin kraam, maar die baba is doodgebore.”
Komediant steeds kritiek ná infeksietelling verhoog
Die akteur en komediant is steeds nie buite gevaar nie nadat die infeksietelling Maandag verhoog het.
SA rugbyheld word weer pa
Die rugbyheld en sy vrou het Maandagoggend ʼn babaseuntjie ryker geword.
Die wêreld in foto’s – 5 Junie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Polisiebeampte, 8 verdagtes sterf in skietvoorvalle
ʼn Polisiebeampte en agt verdagtes is deur die loop van Sondagnag in skietvoorvalle in KwaZulu-Natal en Mpumalanga dood.
Regstappe oor Nkandla-skool al uitweg
Die departement het glo gesê dat hulle van dié 20 jaar lange belofte afstand gaan doen en nie die skool gaan bou nie.
Willie John ʼn man uit een stuk
ʼn Hele paar jaar gelede, toe die Blou Kamer-restaurant nog op die Johannesburgse stasie bestaan het, het die gewese Britse en Ierse Leeus-kaptein Willie John McBride, sowat 100 gaste uit sy hande laat eet.