Foto’s: 1.2 km-hoë glasbrug in Sjina

Dit is nie ‘n voetpad vir die kleinmoediges nie.

Aan die een kant van die meter-breë voetpad is die rotswand, maar aan die ander kant ‘n afgrond van sowat 1.2 km hoog.

Boonop is dié voetpad in Sjina uit glas gemaak en bied jou ‘n kristalhelder uitsig oor die afgrond.

Die voetpad is in die Tianmen-berg in Zhangjiajie, Sjina, geleë en is sowat 60m lank. Dit blyk dat die voetpad té skrikwekkend vir skoonmakers is, toeriste word versoek om hulle skoene te bedek voordat hulle oorloop om seker te maak die pad bly skoon. Die voetpad is in 2011 gebou.

[nggallery id=81]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.