[Foto’s] Die huis brand! Wat gryp jy?

Foto: The Burning House

Foto: The Burning House

Fotograaf Foster Huntington het op ʼn dag gewonder wat hy sou inpak indien sy huis besig was om af te brand. Hy het ʼn paar items afgeneem en sy vriende gevra om dieselfde te doen.

Op 10 Mei 2011 het hy ʼn webwerf, The Burning House, begin met 10 foto’s. Binne ʼn paar uur het hy ʼn foto van ʼn vreemdeling ontvang. Binne ʼn paar dae het hy plaaslike media gehaal en die foto’s is uiteindelik in boekformaat opgeneem.

Die projek duur voort.

Van die inskrywings sluit Kate Molins (26) in wat sê sy sal onder andere haar ma se as, haar tweejarige kat, ouma en pa se horlosies, haar paspoort en haar foto-album gryp.

Die 20-jarige Joshua Lee Bacon sê sy gunsteling langbroek en onderklere, ʼn boks sigare van China en ʼn foto van sy ouma en oupa, is die eerste wat hy sal saamneem.

Brenda Bell (60) sê sy sal haar hond, Baby Val, saamneem en ʼn paar snoepgoed vir hom. Sy sal ook haar man Larry saamneem en ʼn paar snoepgoed vir hom. Sy sal ook grondboontjiebotter en beskuitjies, grondboontjies, lekkergoed en borrelgom saamneem. Sy sal ook handskoene en ʼn wolhoed gryp en baie kontant, met ʼn noodhulpstelletjie en plastieksakkies.

Die 27-jarige Kristi Dahlstrom, ʼn letterkundeonderwyseres van Duitsland, sal haar tannie se viool, haar Amerikaanse paspoort, ʼn foto van haar familie, twee briewe, ʼn joernaal, TS Elliot se versamelde gedigte en ʼn Bybel saamneem.

Alejandro Sosa (36) van Venezuela meen alles kan vervang word, behalwe sy dogter.

Wat sal jy inpak?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

elize ·

‘n Mens kan tog altyd weer ‘n Bybel koop, maar ek kan nie die foto-album van my kinders se oorlede pa vervang nie……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.