As jy ʼn soettand het, moet jy sommer dadelik planne maak om Japan te besoek. Suid-Afrikaners ken KitKat-sjokolade as ʼn lekkerny met ʼn wafel in wat bedek is met wit-, melk- of donkersjokolade, maar die Japannese is so mal oor dié sjokolade, dat dit nou al in meer as 300 verskillende variases te koop is.
Soorte soos Wasabi, suurlemoen-asyn, aarbei, sitrus, peer, soetpatat, pampoenpoeding, groen tee, kaneel, aarbei- en bloubessiekaaskoek en appelgeur is sommige van die gunstelingsmake wat ʼn groot treffer in Japan is.
Dié sjokolade was relatief onbekend totdat die vervaardiger, wat dit toe gemaak het, Rowntree, in 1980 deur Nestlé oorgekoop is.
Vandag word bykans vier miljoen van dié KitKat-sjokolade daagliks vervaardig.
CNN berig ook die sjokolade is veral so ʼn treffer in Japan omdat die woord ‘KitKat’ op ʼn haar klink na ‘kito kato’ wat in Japannees beteken om beslis te wen.
Die Japannese slaan keuse en vernuwing net so hoog aan soos tradisie en daarom is die verskeidenheid variasies ʼn treffer.
Daar is egter nog nie planne om dié sjokolade uit te voer na ander lande nie.
Bron: CNN
Wel wel ek het al die green tea kit kat geeet. Dit is nogal ‘n smaak om gewoond aan te raak. Maar tog lekker.