Foto’s: Koekies kry haar uit die tjoekie

Foto: Cape May Police Department, Facebook

ʼn Mopshond (“pug”) is uiteindelik tuis nadat ʼn polisiestasie ʼn “inhegtenisnemingsfoto” van die woef op sosiale media gedeel het.

Patrolliebeampte Michael LeSage van Cape May in New Jersey, VSA, het Sondag op dié rondloper mopshond afgekom. Hy het aan The Star-Ledger van Newark gesê hy wou hê die brak moes in sy motor spring, maar haar bene was te kort, so hy moes haar in die motor tel.

“Dis wat gebeur as jy van die huis af weghardloop,” het LeSage op die polisiestasie se sosiale media geskryf met ʼn foto van Bean en ʼn versoek dat die eienaar met die polisiebeamptes in verbinding moet tree.

Bean se eienaar, Hadley Hubbard, het later bevestig Bean is veilig ná die opwindende uitstappie.

Hubbard het glo Bean se “borgtog” in koekies betaal!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Annelize ·

Ag dis te kostelik! Borgtog in koekies betaal, dit klink vir my net reg!

John Samuel ·

Wat n Fantastiese artikel!!
En ‘Respek’ aan die Cape May Polisie departement wat tyd geneem het om soveel humor aan die dag te lê… Ek het hierdie berig voorwaar geniet!! : ]

Jolanda ·

die honde is te dierbaar… ons het een by die huis… dis dodelik stil en vervelig as sy nie daar is nie!!

Se Maar Net ·

Dis nou n polisieman duisend. Gee om vir mens en dier

Johann Jordaan ·

Seker gearresteer vir “Jaywalking) !!!! Die borg klink lekker!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.