“Beste Google-baas. My naam is Chloe en eendag as ek groot is, wil ek by Google werk.” Só het die sewejarige Chloe Bridgewater van Engeland geskryf in ʼn handgeskrewe brief aan Google se uitvoerende hoof, Sundar Pichai.
Pichai het intussen met ʼn amptelike Google-briefhoof geantwoord.
In haar brief vertel sy dat sy graag by Google wil werk. “My pa het vir my gesê as ek vir Google wil werk, moet ek vir julle ʼn aansoekbrief stuur.” Sy skryf ook dat sy daarvan hou om ʼn robotspeletjie op haar tablet te speel en wanneer sy ouer is, gaan haar pa dalk vir haar ʼn rekenaar koop. Sy sal ook by die Olimpiese Spele wil swem of by ʼn sjokoladefabriek wil werk. “Ek het nog net een keer ʼn ander brief geskryf en dit was vir Kersvader.”
Die verbasing was groot toe hulle ʼn antwoord ontvang van Pichai. “Beste Chloe, dankie vir jou brief. Ek is bly jy hou van rekenaars en robotte en ek hoop jy sal aanhou leer oor tegnologie. Ek dink as jy aanhou om hard te werk en jou drome volg, dan kan jy enigiets bereik wat jy wil.” Hy skryf dat hy daarna uitsien om eendag haar werksaansoek te ontvang.
Lees meer hier.
- Die uitvoerende hoof van Google se brief aan Chloe Bridgewater.
- Chloe Bridgewater skryf brief aan Google se uitvoerende hoof.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Dis nogals spesiaal dat hy die brief geantwoord het. Ek wens almal wil weer bietjie menslikheid openbaar veral teen kinders en diere.
Hoe fantasties is dit nie! Wat ‘n wonderlike gebaar.
Dalk moet ons kans waag om hom te vra dat hy daaglikse foto’s en artikels plaas sodat wêreldwyd kan sien hoe ons uitgemoor word!
Annie dis nou ‘n UITSTEKENDE idee:)
Genade Annie maar dit is darm ñ puik plan!!