Grappige wending toe vrou sukkel met parallelparkering

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn vrou wat met parallelparkering sukkel word wyd versprei ná dit op TikTok gedeel is. Die beeldmateriaal, wat kykers lekker laat lag, wys hoe ʼn vrou sukkel om haar motor tussen twee ander motors te parkeer.

Sy probeer verskeie kere en kom nie reg om haar motor in die spasie te parkeer nie.

ʼn Ander vrou, wat met haar hond gaan stap het, sien hoe die vrou sukkel en tel vinnig haar troeteldier op om hom te beskerm.

Die motoris klim in ʼn stadium selfs uit haar motor en meet die spasie wat sy het – maar dit help nie, want sy sukkel steeds om die motor te parkeer.

Nóg ʼn vrou daag dan op en help haar om te parkeer. Die twee vroue omhels mekaar sommer ná die sukses, maar dis waar die video ʼn grappige wending aanneem.

Die video is oorspronklik deur die gebruiker @richilbeata op TikTok gedeel. Dit is reeds meer as 11 miljoen keer gekyk ná dit gister op Twitter gedeel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Aikie ·

Het so ‘n vrou geken jare en jare gelede. Het gewerk by’ n firma wat ‘n onderdak parkeerplek het vir’ n groot werkslorrie. Ek kon my motor binne die parkeerplek met ‘n driepunt draai omdraai.
Sy het haar 1200 Datsun bakkie daar geparkeer en kon hom nie weer daar uitkry op haar eie nie. Vorentoe en agtertoe vir’ n hele ruk, maar hy wou nie daar uit nie. Intussen het ons almal by die vensters gestaan en ons verkneukel.
Ek het later maar een van die werksmense gestuur om haar te help.

isabelle ·

ooo genade eks daai vrou….ek is baie sleg met parallel parkering om eerlik te wees het ek dit nooit eens probeer nie…..gelukkig op kode 10was dit nie n vereiste nie

Johanna ·

Shame man. Parallel parkering laat my ook soms kop-krap as die voertuie voor of agter effens oor die lyne parkeer.

Frieda ·

ha-ha-ha dit gebeur met my ook maar daar kom nooit ‘n vrou om my te help!!

Stof ·

Vandag deel ek ‘n geheimpie, dalk ‘n belydenis. Ekself is glad nie so ‘n fynkuns-bestuurder nie soos wat kennisse my soms noem nie, maar ek het skelm hulp. Op my ligte voertuie, het ek ook verstelbare blindehoekspieëls, wat my baie slimmer laat lyk as wat ek regtig is, vir omstaanders wat nie weet van my verneukspul nie.
Hierdie stukkie advies het ek by Lucas Mashinini gekry, toe hy vir ons in die tagtigs ‘n kursus in vragbestuur aangebied het.
Ek glo my gewaardeerde parkeermentor is seker al oorlede, maar ek eer hom steeds vir hierdie waardevolle spoor wat hy in my lewe gelaat het.

Eend Bessinger ·

Ou video. Ou grappie. Dit was verlede jaar gepos. En natuurlik herpos. Dis nou ten minste die tweede weghardloop-pos van hierdie video.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.