Hamster is veilig ruimte toe en terug

(Foto: Cameron Smith/Facebook)

ʼn Hamster het veilig teruggekeer Aarde toe ná hy op ʼn ballon na die stratosfeer gestuur is.

Die hamster het ʼn hoogte van 23 km bereik en is in ʼn goeie toestand ná hy veilig uit die see naby Japan se Miyako-eiland gered is.

Volgens Iwatani Giken, die maatskappy wat die eksperiment namens die Japanse ruimteagentskap Jaxa uitgevoer het, is die hamster in ʼn lugdigte houer van 60 cm hoog en 50 cm breed geplaas. Dit het dieselfde atmosferiese druk en temperatuur as grondvlak.

Een foto wys hoe die knaagdier uit ʼn venster kyk terwyl hy 12 km bo die Aarde sweef.

Die ballon is van Miyakojima, ʼn stad in die Okinawa-prefektuur, gelanseer. Dit het teen ʼn gemiddelde spoed van 6,3 meter per sekonde opgestyg.

ʼn Kamera in die kajuit wys hoe die diertjie tevrede rus tydens die geleidelike styging.

Iwatani Giken wil bemande ruimtereise na die gewone mens op straat bring en die eksperiment het ten doel om voornemende passasiers gerus te stel.

Verdere toetsvlugte tot ʼn hoogte van 25 km word beplan – op dié hoogte sal mens die kromming van die Aarde kan sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sandra ·

Nee dankie. Ek het niks daar bo verloor wat ek hier onder kan soek nie. Ek is net bly die hamster is veilig terug.

Oom Jaap ·

Hoe was dit wreed? Die hamster was in ‘n lugdigte houer en die druk was dieselfde as waaraan hy op aarde gewoond is.

koos ·

Aangesien ons hier met eksperimentering te doen het, kan ons nie miskien vir zuma opstuur nie? Hy sal SA duidelik vanuit die buitenste ruimte kan identifiseer – dis die donker kol aan die onderkant van Afrika, danksy sy termyn as ons befaamde leier.

RS ·

Daar is baie ander 2 been diere wat gekies kan word vir eksperimente.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.