Hou jou kloue van my kos af!

(Foto: Amy Luetich via Christmas Island Tourism)

ʼn Mens is gereed daarvoor om op die uitkyk te wees vir goggas en gediertes as mens kamp, maar dié gesin is oorval deur ‘n groot groep ongenooide gaste.

ʼn Gesin van Australië het op Kerseiland uitgespan toe ʼn groep krappe skielik opgedaag het. Christmas Island Tourism het foto’s van die gebeurtenis op hul Facebook-blad gedeel.

“Rowerkrappe gedra hulle sleg! ʼn Paar eiland-gesinne het ʼn paar ekstra monde gehad om kos te gee toe hulle die naweek gebraai het,” lui die beskrywing by die foto’s. “Klapperneutkrappe het ʼn ongelooflike sterk reuksin en vir kreature wat gewoonlik stadig beweeg, beweeg hulle baie vinnig wanneer daar iets te ete is … Sal jy jou piekniek met hierdie outjies deel?”

Die toerismeblad het gewaarsku dat rowerkrappe (ook bekend as klapperneutkrappe) ʼn beskermde spesie is en op Kerseiland bewaar word.

Amy Luetich, wat al ʼn paar jaar lank op die eiland woon, het aan Daily Mail Australia gesê dit is die eerste keer wat sy soveel rowerkrappe bymekaar sien. “Ons het al ʼn paar keer hier gekamp. Net toe ons begin eet, het hulle ons bestorm. My seun het minstens 52 getel.”

Volgens die Kinderensiklopedie is klapperneutkrappe groot, sterk, rooierige, roofsugtige landkrappe. Hulle word tot 40 cm lank en kan tot 2 kg weeg. Hulle is goeie klimmers en kom op die eilande van die Indiese en die Stille Oseaan voor, maar lê eiers in die see. Hulle leef onder andere van klapperneute (en kan dit na bewering selfs van die bome afhaal).

Krappe is omnivore en vreet bykans enigiets.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Annakapat ·

Ek gaan ‘n lelike gemors veroorsaak as hulle my so toesak!

Jakkals Iemand ·

Ek wonder as mens hulle in kookwater dompel of hulle ook soos kreef sal smaak.

Johannes Andreas ·

Oppas kinders, rowerkrappe hou van vinger-etes :)

Willem ·

As hulle my so bestorm gaan ons krap potjie eet vir die hele naweek…

Nozi ·

O nee hel. En die man staan rustig tussen hulle. Ek sal darem baie vinnig ‘n bruin berg om my maak en hoop hul almal kies ‘n ander koers agv die reuk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.