Lekker lag vir die swakste natuurfoto’s

Pryse word gereeld uitgeloof vir die beste natuurfoto’s, maar daar is ʼn Facebook-blad wat slegs toegewyd is aan die swakste natuurfoto’s.

Die foto’s is nie noodwendig swak geneem nie, maar dit is eerder foto’s wat presies op die verkeerde oomblik geneem is, of foto’s waar die dier nie sy beste “poot” na vore sit nie. Professionele en amateurfotograwe kan deel word van die groep en hul eie foto’s deel. Die fotograwe se sarkastiese byskrifte by die foto’s laat mens selfs wyer glimlag.

Omer Darel

“Die majestueuse berg-gasel.”

 

Rachael Tee

“Die dag wat ek gaan skubaduik het op die Groot Koraalrif [in Australië] met my broer se GoPro en honderde foto’s geneem het van skilpaaie, die rif en anemoonvisse.”

 

Nat Davies

“Seldsame foto van die afkop kameelperde van Uganda.”

 

Olivia Mair

“Die minder bekende afkop pikkewyn van die Falkland-eilande. Ek het 25 000 km gereis om dié skoot te kry.”

 

Jo Thomas

“Ses reise na Afrika en ek het uiteindelik ʼn ystervark afgeneem …”

 

Lacey Griffin Byers

“Hy kon nie net soos ʼn gewone eekhoring eet nie. Nee. Jerry moes dramaties wees.”

 

Mark Secker

“Die manjifieke geelbekwitreier in vlug … ek het ʼn uur gewag om ʼn skoot te kry van hierdie een in vlug … ek het geen berou nie, ek het dit perfek reggekry.”

 

Chrissie Hadley

“Ner ner na ner na, jy kan my nie kry nie!”

 

Jon Pollack

“Hoekom maak ʼn (Amerikaanse) eekhorinkie altyd hul oë toe wanneer mens ʼn foto van hulle wil neem?!?!?”

 

Nolan Thornberry

“Ek wou al lankal ʼn Lewis-speg in vlug kry. Ek het uiteindelik reggekom.”

 

Julienne Martin

“Die beligting was perfek.”

 

Natalie Winfield-Biesty

“Ek dink ek weet hoe!”

 

Sunarto Sunarto

“As jy dink ʼn Skywalker is fiksie, kyk bietjie hier en may the force be with you.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mariska ·

Hierdie artikel is kostelik, dankie Maroela! Julle daaglikse fotoblaaie van wat om die wêreld gebeur, is ‘n groot lekkerte.

Wielspore ·

Om te kwalifiseer vir ‘n natuur foto mag daar slegs items van natuur op die foto wees, geen geboue, geen paaie, geen voertuie ens. ‘n Foto van die natuur kan wel mensgemaakte items op die foto hê
1. Natuur foto
2. Foto van natuur

Sandra ·

Die een met die eekhorinkie is adorable, want dit lyk of sy bekkie vol kos is, en hy maak sy ogies toe van lekker eet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.