Moeë ouers dog hulle moet vir baba ysblokkies gee

Argieffoto (Foto: Andrea/Pixabay)

Ouers, wat nie genoeg slaap ingekry het nie, se misverstand laat gebruikers op sosiale media glimlag.

Die ouers kon nie verstaan waarom hul baba nie die ysblokkies wil eet wat hulle gegee het nie, maar het later hul fout ontdek.

Die egpaar het hul storie anoniem op Reddit gedeel en gesê hulle het ʼn plakkaat in die huis met babakos. Hulle het die wenke daarop gevolg oor hoe om hul baba kos te gee.

Op die plakkaat is ʼn ysblokkie om te wys hoeveel kos baba moet inkry, byvoorbeeld een ysblokkiegrootte ertjies, of twee ysblokkiegrootte wortels. In hul oormoegtoestand, het hulle egter nie mooi gelees nie.

Die twee het gedink hulle is veronderstel om baba twee tot drie ysblokkies per dag te gee en het eers hul fout ontdek toe hulle die hoeveelheid wou verhoog soos wat baba ouer geword het.

“Vir ses maande lank het dit gesê ‘groente en vrugte, sagte tekstuur, twee tot drie ysblokkies twee keer per dag’,” het een van die ouers geskryf. “Ons het nog nooit vantevore van die ysblokkies gehoor nie, maar dit is ʼn geloofwaardige maatskappy, so ons het maar net die opdrag gevolg en vir ons seun vrugte, groente en ysblokkies gegee.”

Teen sewe maande was die opdrag: vrugte, groente, suiwel, eiers, graan en peulvrugte, drie tot vier ysblokkies drie keer per dag.

“Ek het gedink, ‘sjoe, hy eet skaars die drie ysblokkies wat ons hom op die oomblik gee!’. Hy het die ysblokkies net rondgestoot as hy in sy stoeltjie gesit het en bietjie daaraan gelek, maar ons het die ysblokkieporsie verhoog soos versoek.”

ʼn Ouma het in ʼn stadium kom kuier en wou weet hoekom hulle vir die seuntjie ysblokkies gee. Sy was bekommerd dat dit te koud is vir die seuntjie om te eet, maar hulle het gesê dit is wat hulle gelees het hulle moet doen.

“Dit was eers later daardie aand, toe ek daaroor begin dink, dat ek besef het dit verwys na die porsiegrootte! Die hele tyd, in ons slapelose toestand, het ons vir ons babaseuntjie elke dag ysblokkies gegee.”

Reddit-gebruikers het gedink dit is skreeusnaaks. “Ek rol van die lag,” skryf een persoon. “Ek het elke keer gelag as ek gedink het aan die seuntjie wat die ysblokkies lek of dit rondstoot.”

Nog iemand voeg by: “As ʼn ouer kan ek met veiligheid sê hierdie gaan net een van baie foute wees wat julle maak. Gelukkig is hierdie een skadeloos en snaaks!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Faraway ·

Indien dit nie n sop storie van die Ouers is nie, kry ek daai kind baie jammer!

WILLEM ·

Kan julle dan nie vir julle self dink dat ysblokkies geen voedings waarde het nie?? Stupid verby.

Faraway ·

Sê ek ook Willem, wat my meer ontstel is diegene wat “tumbs down” gee hier . . . wat beteken daar is nog wat stupid is

miche ·

Wat as die kind die ysblokkie ingesluk het of as dit vasgesit het in die keel?
Nee wat, ek vind dit glad nie snaaks nie en ek rol ook nie van die lag nie.

Elma ·

Moenie die arme ouers verkwalik en as onnooslik uitskel nie nie, almal van ons wat nuwe, jong ouers was vir die 1ste keer het erger foute gemaak. Die outjie het niks oorgekom nie en ja, soos Patch tong in die kies noem, sy waterinname was genoeg.
Dis eintlik nogal n oulik artikel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.