Wat kan nou lekkerder wees as ʼn perske- of aarbeitert met ʼn botterige, bros kors en ʼn skeppie room of roomys daarby?
Karin Pfeiff, ʼn kunstenaar en koskenner, het tertkorse na ʼn heel ander dimensie geneem met van die mooiste tertkorsontwerpe wat jy nóg gesien het – dis byna te mooi om te eet!
Sy werk baie met blom- en blaarontwerpe, maar maak ook plek vir geometriese vorms en harte.
Instagram- en Facebook-gebruikers is gek na haar ontwerpe en lewer gereeld kommentaar dat hulle dit nie oor hulle harte sal kry om ʼn lem deur daardie pragtige kors te laat gly nie.
Kyk hier na van haar mooiste ontwerpe:
Beautiful!!!!!!
Wow. Té mooi om te eet.
Ek dink hulle moes die terte eers gebak het en toe die foto’s geplaas het want verseker gaan die korse nie so lyk as dit gaar is nie? Wys die klaar gebakte terte – dan sal ons die ware prentjie kry.
Ja, dis waar, sal graag wil sien hoe dit lyk as dit gaar is. Maar dis ongelooflik mooi!