Motor se naam het SA’ners aan’t lag

Die Sehol X8 Plus. (Foto: skermgreep)

China het met ’n splinternuwe motor vorendag gekom en die sportnutsvoertuig lok die terggees wat Suid-Afrikaners kenmerk nou behoorlik uit.

Die Sehol-motor het Suid-Afrikaners skoon aan die gons gesit, met van die twiets oor die motor wat “My kar se wat?” lui.

Die Sehol X8 Plus word in September vanjaar uitgereik, maar gaan dalk ’n naamverandering vir die plaaslike mark moet oorweeg.

Die Sehol-reeks is reeds in 2018 begin vervaardig, maar dit is nou weer in die nuus met die bekendstelling van dié nuwe motor.

Die naam is bedoel om hulde te bring aan die sportnutsvoertuig met sy aggressiewe ontwerp se Spaanse oorsprong. Die woord sol beteken son in Spaans, en die handelsmerk is na bewering verlede jaar herdoop na Sehol, ’n ondeurdagte stap wat ’n heerlike gelag by Suid-Afrikaners ontlok het.

Om dinge te vererger is ’n Plus-agtervoegsel bygevoeg om die X8 te onderskei van ’n beskikbare model wat twee jaar gelede uitgereik is.

Daar is tans nog geen planne om die Sehol X8 Plus vir die plaaslike mark uit te reik nie, anders sou die motor beslis ’n naamsverandering moes ondergaan soos die Great Wall Motors (GWM) wat die Poer-naam moes laat vaar vir sy Toyota Hilux en soos Ford Ranger se P-reeks.

Indien die moderne Sehol-motor nie ’n naamsverandering sou oorweeg nie, moet dit dikvellig die grense van Suid-Afrikaanse humorsin oorsteek, want die grootste grapjasse sal op die uitkyk daarvoor wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Karel Kobus Kruger ·

Die Polar Operational Environmental Satellite projek vir die National Oceanic and Atmospheric Administration (NOAA) is nog n interessante naam. Gaan google dit, dit bestaan werklik.

Nommer 7 ·

So ook was daar destyds (voor Telkom) die Post Office Engineering Society.

Miena ·

haha ek hoor dit al:
Mechanic: Het jy ook probleme met jou Sehol?
Klant: Nee daar is niks fout met my sehol nie.
Hier kom vir jou n paar grappe hoor!! ek hou die popcorn reg.
Ek kan net dink waarmee gaan The Kiffness opkom hierdie keer.

Piet ·

Die is eintlik ‘n vraag wat deur die proktoloog beantwoord moet word…..

Chris dupreez ·

Daar kan dalk n zuma of malema sticker voor die naam geplak word

blia ·

Man: Hi liefie, het jy iemand bekend in die winkel raakgeloop?
Vrou: Nee, maar ek dominee Sehol in die parkeerarea gesien.

Aikie ·

Die kar is opgestel vir Suid Afrikaanse grappe. Maar dit is soos die ou gesê het: “‘n Vriendelike groet in een man se taal is dalk’ n uitnodiging tot ‘n maaltyd in a ander man se taal…. met jou as die hoof gereg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.