Steven en Mackenzie Schultz het vir die kelner ʼn fooitjie van $100 (nagenoeg R1 120) gegee ondanks die feit dat hulle rekening net meer as $66 (ongeveer R740) was.
Mackenzie het ʼn foto van die strokie op Facebook gelaai waar meer as 1,4 miljoen mense reeds daarvan gehou het en dit meer as 180 000 keer gedeel is. Die Shultz-egpaar se gebaar het ook internasionaal nuus gemaak.
Mackenzie het ʼn inskrywing by die foto gemaak: “Ons diens vanaand was pateties. Dit het 20 minute geneem om water te kry, ons het 40 minute vir die voorgereg gewag en langer as ʼn uur vir die hoofgereg. Die mense om ons het gespot oor hoe swak die diens by die restaurant is. Dit was aaklig. Dit was egter duidelik dat die probleem ʼn tekort aan personeel was en nie die kelner nie.
“Ek en Steven het besluit dit sal ons goed laat voel om hierdie man se aand beter te maak, aangesien hy moontlik geen fooitjies sou kry nie weens die swak diens. Ons het uitgestap voor hy dit gesien het en ek plaas nie die foto vir ʼn klop op die skouer nie. Ek deel dit slegs as ʼn vriendelike herinnering om die hele situasie in ag te neem voor jy oordeel. En onthou altyd waar jy vandaan kom,” het sy geskryf.
Wonderlik. Sal die wêreld nie ‘n wonderlike plek wees as meer mense SO ‘n gesindheid het nie? Het juis baie onlangs iewers op DSTV die roerende fliek “Pay it forward ” gekyk.