ʼn Reuse-ysberg aan die kus van Kanada het honderde toeriste die afgelope naweek na die dorpie, Ferryland, laat stroom.
Die ysberg staan in vlak water en is omtrent 46 meter hoog. Hoewel daar al dele afgebreek het, glo een van die inwoners, Don Costello, die berg sal nog ʼn lang ruk daar wees. “Dit sal nie weggaan nie, behalwe as daar nou baie wind gaan wees.”
Honderde toeriste het die Paasnaweek kom foto’s neem van die ysberg, en die dorpie het omtrent uit sy nate gebars weens al die verkeer. “Goeie Vrydag was nogal besig, maar Sondag was dit oorvol,” vertel Costello.
Om iets te ete te kry in Ferryland is egter ʼn ander storie, want die twee eetplekke wat daar is, maak eers weer oop wanneer dit die amptelike vakansieseisoen is. “Ek het ʼn paar mense raakgeloop wat op soek was na iets om te eet, maar moes vir hulle sê die eetplekke maak eers 24 Mei oop.”
Dit is dan net daar en dan wat ek lekker boere wors rolle verkoop!
Sowaar interessant. Yslike stuk ys. Hopelik het die dorpie ‘n shoprite
‘n Groot blok ys soos daai, verdien ‘n groot glas brannas en coke.