Seldsame foto van prins George

William en Kate Middleton

William en Kate Middleton

Die foto volg onderaan die berig. Prins William en Kate het Saterdag ʼn seldsame gesinsfoto vrygestel van die paartjie met hul agt maande oue seun, prins George.

Die hertog van Cambridge en sy vrou en seun kyk uit ʼn oop venster van hul woonstel in Kensington-paleis in Londen.

Kate (32) hou George op haar knie en die klein prins se aandag is op die gesin se troeteldier, Lupo, gefokus. William (31) lyk soos ʼn gewone ontspanne pa in die foto.

George, wat derde in die ry staan om die troonopvolger te wees, het nog net twee keer in die openbaar verskyn, die eerste keer toe hy van die hospitaal huis toe geneem is en toe tydens sy doop in Oktober.

Jason Bell, bekende portretfotograaf, het die foto ʼn paar weke gelede geneem en die foto word vrygestel voor die gesin se toer na Australië en Nieu-Seeland op 7 April.

George is op 22 Julie 2013 gebore.

Die familiefoto van Jason Bell wat vrygestel is

Die familiefoto van Jason Bell wat vrygestel is

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Slim Daan

Seldsaam? SELDSAAM ???? ( Verwysend na die bokbek pa of die sooooooooooooo inskiklike mammie ? )

Shannon

Dis al te vraai Suné. Weet jy ons moet eintlik `n afsonderlike URL hê vir al ons bewonderaars wat die Adelstand op Twutter volg. Ek kan ook nie genoeg kry van die familie nie. Ek lees nou die dag dat die koninklike “goue draad” wat nou al vir etlike eeue strek heel waarskynlik so verdag is dat die eintlike ware koning vasgetrek was iewers diep in die Australiese ‘interior’ waar hy nou al vir dekades lank saam met sy inboorling vrou (Fanny) en sy hond (by name ‘Dog’) `n pub keeper is vir die omliggende streek se dole bludgers en… Lees meer »