Het jy al ooit gewonder of ʼn rekenaar dink jy lyk 21 of 71 op foto’s? ʼn Nuwe webwerf vertel jou presies hoe oud jy op ʼn foto lyk!
Microsoft het ʼn webwerf, How-Old.net, bekend gestel wat enige persoon se ouderdom sal raai. Die webwerf maak gebruik van Microsoft se nuwe tegnologie om gesigte te herken. Die tegnologie is soms in die kol, maar soms is die raaiskoot verregaande. Klik hier om meer oor die tegnologie te lees.
Dit neem minder as 10 sekondes om jou antwoord te kry, maar dit is soveel pret, jy gaan dalk die hele dag net sit en foto’s oplaai!