ʼn 91-jarige vrou het ʼn skildery, ter waarde van meer as R1,2 miljoen bekrap, toe sy die opdrag op die kunswerk, “vul woorde in”, gevolg het.
Die Deense kunstenaar Arthur Köpcke het in 1977 gelede sy werk, “Reading-work-piece”, ʼn gedeeltelik voltooide blokkiesraaisel met die voorstel, “vul woorde in”, geskep. Dit is tans in die Neues-museum in Nuremberg, Duitsland te sien, berig The Telegraph.
“Die vrou het gesê sy het aangeneem die opdrag is ʼn uitnodiging om die blokkiesraaisel te voltooi,” het ʼn woordvoerder van die polisie gesê.
Eva Kraus, direkteur van die museum, het gesê ʼn privaat versamelaar het die kunswerk aan die museum geleen, en het nuus oor die skade “met ʼn goeie sin van humor” ontvang.
Volgens Kraus het die vrou, wat die museum saam met ʼn groep senior burgers bygewoon het, nie vernielsugtig opgetree nie. Die Associated Press berig die skade is wel by die polisie aangemeld sodat daar van die versekering geëis kan word.
Dit sal glo ʼn paar honderd dollar kos om die skildery te restoureer.
Die Duitse koerant, Suddeutsche Zeitung, het berig die vrou het aan die polisie gesê sy is van mening die museum moes ʼn waarskuwing opgerig het om vir mense te sê hulle moenie die kunstenaar se opdrag volg nie.
Die vrou wat die toergroep gelei het, het gesê daar is talle interaktiewe stukke in die museum en dit het moontlik tot die verwarring gelei.
Bron: Newser
Dis nou classic!
Moenie tussen ‘n ou tannie en ‘n blokkiesraaisel staan nie!
Die kunstenaar sou dit waarskynlik as ‘n uiterste kompliment beskou.
Die tannie het nou die kunswerk voltooi.
Dit is mos ook kuns :)
Soms is “kuns” so vergesog dat dit regtig HULP nodig het!
Dis mos nou al OU nuus
Dalk kort hulle iets “vul die IK toets in” wat dan resultate ook bereken.
Hehe, my ma sou ook in die moeilikheid getrap het… sy was gek oor blokkieraaisels.