ʼn Man is in hegtenis geneem toe twee werknemers mekaar met hul rekenaarsleutelborde in ʼn kantoor aangeval het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 19 Julie 2016
Nog sneeu word verwag
Die webwerf Snow Report het Dinsdag gesê hy hou ʼn beduidende frontale stelsel dop wat na verwagting Vrydag die Wes-Kaap sal tref en dwarsoor die land sal strek tot volgende week Woensdag.
SA Rugby bring hulde aan Lofty Nel
Oregan Hoskins, president van SA Rugby, het Dinsdag sy meegevoel betuig met die familie en vriende van die voormalige Springbok, Lofty Nel, wat Maandagmiddag in die ouderdom van 80 oorlede is.
Prasa moet sy geld gebruik vir sy lede se veiligheid
Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) moet getrou bly aan die belofte wat die maatskappy teenoor die vermoorde treindrywer, Pieter (Piet) Botha, se vrou gemaak het, het die vakbond Untu gesê.
Twee in hof wat glo met vrou se kop gevang is
Twee mans van Limpopo, wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn vrou vermoor het vir haar liggaamsdele, het Dinsdag in die landdroshof in Polokwane verskyn.
DA-lid sterf in fratsongeluk
ʼn Lid van die Demokratiese Alliansie is naby Rustenburg in Noordwes oorlede tydens ʼn fratsongeluk toe hy verkiesingsplakkate wou oprig.
27 reeds dood oor besnydings wat skeefloop
Minstens 27 persone is reeds vanjaar dood, ʼn afname van die 44 wat in 2015 by inisiasieskole gesterf het, het die departement van samewerkende regering en tradisionele sake Dinsdag gesê.
Streng hofveiligheid vir ‘terreur-tweeling’
Die borgtogaansoek van die 23-jarige tweelingbroers, Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie, wat vroeër vandeesmaand op terreuraanklagte in hegtenis geneem is, is Dinsdag in die Johannesburg-landdroshof uitgestel.
Tannie bekrap per ongeluk R1,2 miljoen-skildery
ʼn 91-jarige vrou het ʼn skildery, ter waarde van meer as R1,2 miljoen bekrap, toe sy die opdrag op die kunswerk, “vul woorde in”, gevolg het.
[Video] Eerste kykie na ‘Noem my Skollie’
Die amptelike lokprent van die Afrikaanse fliek, Noem my Skollie, is Maandag bekendgestel.
Brand laat 30 gesinne dakloos
Minstens 30 gesinne is dakloos gelaat nadat ʼn brand Dinsdag in die noorde van Johannesburg uitgebreek het.
Bolandliga: vars benadering dra vrug
`n Vars benadering ten opsigte van afrigting dra vanjaar vrug vir Montagu.
Nog vier SAUK-joernaliste gepos
Die SAUK het nog vier joernaliste in die pad gesteek, omdat hulle glo nie die bestuur van die SAUK respekteer nie en “voortgaan om die bestuur se gesag te ondermyn”.
Jayde Panayiotou-moord: Vierde verdagte saam medepligtiges verhoor
Die nuutste verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met die huurmoord op die Oos-Kaapse onderwyseres, Jayde Panayiotou (29), het Dinsdag die eerste keer in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.
Valke: trane rol toe hardebaard begrawe word
Dit was eers in die doodsnikke van die wedstryd, maar East Rand United (ERU) het Saterdag nog `n hardebaard op “Die Begraafplaas” in Reigerpark begrawe.
Oudskoolhoof sterf in Klerksdorp-huis
Die liggaam van Willie Hindley (87), oudskoolhoof van Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp, is Maandag in sy huis gevind, meters van waar sy verswakte vrou, Ansie, buite op die stoep gelê het. Ten spyte van gerugte dat die egpaar in hul huis aangeval is, het die polisie bevestig geen vuilspel word vermoed nie.
Seun (8) ontbied hulp ná plaasaanval
“Hulle het ons gedwing om die huis oop te sluit en die kluis se sleutels aan hulle te oorhandig. Hulle het heeltyd gesê hulle soek geld.”
Uitdrukking: Die sieke dra die gesonde
Taaltoffie ondersoek die verhaal agter die uitdrukking, “die sieke dra die gesonde”
[Resep] Goue aartappels
Dit lyk mos heerlik!
Christelik-Afrikaanse onderwys kort strategiese verskuiwing
Die aanslag op Afrikaanse enkelmediumskole het nou grondwetlike steun waar die reg van die groter meerderheid voor die plaaslike gemeenskap s’n kom; en die beginsels wat neergelê is in die uitspraak gee sterk steun aan die komende saak teen godsdiens in openbare skole.