Verouderde Hollywood teken kry ook ʼn verjongingskuur

Argieffoto (Foto: David Mark/Pixabay)

In ʼn plek waar die neus opgetrek word vir veroudering en verjongingskure algemeen is, gaan selfs die bord wat mense in die wêreld van Hollywood verwelkom, ook opgeknap word.

Die nege letter landmerk wat oor Tinseltown uitkyk, is in 2023 honderd jaar oud en net soos die ewige jong akteurs en aktrises waaroor dit waak, lyk dit al dekades lank dieselfde.

Soos enige goeie vermaaklikheidskunstenaar weet kan ʼn knypie hier en ʼn snit daar seker maak dat mens vir altyd jonk lyk.

Sowat 1 500 liter verf op die 14 meter hoë aanwysingsbord aangebring word, het die Hollywood Sign Trust gesê.

ʼn Span van 10 begin Maandag om die enorme letters te was en voor te berei vir die opknappingswerk.

Die bord was aanvanklik “Hollywoodland” en is ʼn moet-sien vir enige rolprentaanhanger of toeris wat Los Angeles besoek. Dit is opgerig as ʼn advertensieborg vir ʼn luukse residensiële ontwikkeling.

Die filmbedryf het in 1949 die goue era betree en die Hollywood-handelskamer het van die laaste vier letters ontslae geraak.

Die bord bo La La Land is al die afgelope paar dekades ʼn paar keer opgeknap en is in 1978 selfs oorgebou, maar die laaste keer wat dit ʼn verflaag gekry het, was in 2012.

“Die teken is die trots van Los Angeles en ons is opgewonde om vir aanhangers wêreldwyd dié vernuwing te wys vir ʼn baie spesiale 100-jarige herdenking,” sê Jeff Zarrinnam, voorsitter van die Hollywood Sign Trust.

Die opknappingswerk sal sowat agt weke lank duur en sal na verwagting op 1 November afgehandel wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.