Video: Aarbei onder mikroskoop laat kykers ril

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Aarbeie is oënskynlik ʼn gesonde happie, maar dit is moontlik dat insekte daarop krioel.

Sosialemediagebruikers was baie ontsteld toe ʼn video van ʼn sappige rooi aarbei onder ʼn mikroskoop gedeel is. Talle mikroskopiese kreature het op die aarbei rondgekruip.

Die video is deur Fred DiBiase op X (Twitter) gedeel. Dit begin waar ʼn persoon ʼn aarbei onder ʼn mikroskoop bestudeer. Die vrug word dan onder ʼn kraan afgespoel en ʼn snytjie uit die aarbei word weer onder die mikroskoop bestudeer.

Die video is reeds meer as 10 miljoen keer gekyk.

“Dit is welbekend dat aarbeie goggas het. Week dit in water saam met asyn, koeksoda of sout vir meer as 20 minute,” skryf een kyker in die kommentaar. “Vrugtegoggas is bietjie proteïen,” skryf nog iemand. “Ek het al so baie wurms geëet …” skryf ʼn derde persoon.

Een kyker het baie gegril. “Ek eet nooit weer vrugte wat nie afgespoel is nie!”

ʼn Soortgelyke video is in 2023 op sosiale media gedeel, aldus die New York Post. Dié video is sowat 2,9 miljoen keer gekyk.

Volgens Iowa-entomoloog Don Lewis is die larwe sowat een vyftigste van ʼn duim (2,54 cm) groot. Dit is nie sigbaar vir die blote oog nie. Volgens hom sal vrugte in winkels waarskynlik nie enige van dié tipe vrugtevlieë bevat nie, aangesien dit in yskaste sal vrek.

Daar is boonop nie enige bewyse dat dit skadelik is om hierdie piepklein kreature te eet nie, het Sriyanka Lahiri, ʼn entomoloog aan die Universiteit van Florida, in 2020 aan USA Today gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Alles deel van Klaus Schwab se plan. Net soos Specter van James Bond.

Pietie ·

Nooit ooit weer eet ek ṅ strawberrie nie. Gril my oor ṅ mik.

Chappie ·

Byna alles onder n mikroskoop sal ‘n mens laat ril en gril

Koen ·

Ag asseblief. Daardie wurmpies is net maar vol aarbei. Wees bly die winkels vra nie duurder vir die ekstra protein nie.

Patch ·

Ek het maar verby die video gerol, te lief vir aarbeie om te sien wat alles daarop lewe.

George ·

Ag nee wat. Dit is ten minste alles natuurlike goed. Mens moet meer bekommer wees oor die snert wat hulle in gekoopte kos aanbied.

Anel ·

Ag, asseblief! Ons eet al vir eeue aarbeie en niemand is nog dood nie! Sal graag wil weet wat die agenda is vir die een wat sulke snert versprei! As aarbeie nou nie gesond was nie, was dit ‘n ander storie. Ek glo as mens alles wat jy eet onder die mikroskoop gaan sit gaan die mensdom vrek van die honger!!!

Grens ·

Dit is daai organic aarbeie wat so maak, die gewone boer spuit daai goggas dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.