ʼn Bruidegom van Idaho in die VSA het trougangers in trane gehad toe hy na sy huweliksbeloftes aan sy bruid op sy knieë gegaan het en ook ʼn paar beloftes aan haar driejarige dogtertjie gemaak het.
Fox2Now berig dat ʼn video van die huwelikseremonie soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei. Brian Scott en Whitney Kay is in Januarie verlede jaar getroud. Die video is in minder as 24 uur meer as 600 000 keer op YouTube gekyk en is in totaal al meer as ʼn miljoen keer gekyk. Die Scotts bly nou in Noord-Carolina en het in November verlede jaar ʼn babaseuntjie ryker geword.
Absoluut fantasties en vol emosies. Ek het nou weereens gesnik soos ek huil. Die paartjie is duidelik besonder lief vir mekaar en vir HUL dogtertjie.
Sjoe dit is baie mooi woorde gee daai trane wat af stort