Die Hoërskool DF Malan in Bellville in Kaapstad se video om geld in te samel vir sy I’mPOSSIBLE-trust word wyd op sosiale media gedeel.
Die skool verduidelik in ʼn persverklaring die projek is deur ʼn besondere leerling van die skool geïnspireer. “Hierdie leerder het, ten spyte van sy fisiese gestremdhede vir ons gewys dat impossible slegs ʼn woord is en dat dit maklik in I’mPOSSIBLE verander kan word.”
In die video word die leerders self gebruik om die boodskap oor te dra. Deur middel van die verskil tussen donkerkleurige truie en wit hemde word die boodskap op ‘n verstommende wyse uitgebeeld.
Volgens die skool is die doelwit van die I’mPOSSIBLE-trust om fondse in te samel sodat leer-fasiliteerders ook vir ander fisies gestremde leerders aangestel kan word, wat vir daardie leerders dit moontlik sal maak om ook deel van ʼn hoofstroomskool te kan wees.
“Ons daag ʼn ieder en ʼn elk uit om hierdie video te deel met die res van die wêreld op die verskeie sosialemedia-platforms. Ons daag ook alle individue, organisasies en besighede uit om hulself toe te wy om ʼn finansiële bydrae te maak tot die fonds vir ʼn gedeelte van die sosialemedia-reaksie wat die video genereer, bv. 20c vir die eerste 5 000 besigtigings op YouTube = R1000,” het die skool verduidelik.
Die video is binne drie dae reeds meer as 20 000 keer op YouTube gekyk.
Meer inligting oor die fonds is op die skool se webwerf beskikbaar.
Ongelooflike berig oor D.F.Malan.
‘n Knop in my keel en ‘n traan in my oog.
Wow!
Dit bevestig weer eens: WAAR ‘N WIL IS, IS ‘N WEG!!! Sterkte aan hierdie leerlinge. Ek vertrou hulle sal hulle doelwit bereik met behulp van ons land se burgers!!!
WOW!!