Die video volg onderaan die berig. Tim Harris (26), ʼn downsindroomlyer, het nog altyd daarvan gedroom om sy eie restaurant te hê.
Sy droom is in 2010 vervul toe hy Tim’s Place in Albuquerque, New Mexico in Amerika, geopen het. By dié restaurant bedien hulle “ontbyt, middagete en drukkies”.
Tim sê die drukkies is baie belangriker as die kos en volgens die restaurant se “amptelike drukkie-teller” het hy al meer as 40 000 drukkies aan klante uitgedeel.
Ai dis wonderlik!! Goeiewerk!!