Video: ‘Dis altyd tyd om te braai, man!’

Ferdi de Beer, sy vrou Leigh en die twee seuns (Foto verskaf)

Ferdi de Beer, ʼn Suid-Afrikaner wat in Oostenryk woon, skrik nie vir sneeu as hy lus is om ʼn vuurtjie aan te steek nie.

Ferdi het ʼn video op sosiale media gedeel waar hy by hul huis in St. Pölten, op ʼn dag waar dit -2 °C was, net met ʼn kortmou-rugbytrui staan en braai. “Dis te koud om te braai!” roep sy vrou. “Dis altyd tyd om te braai, man!” kom die reaksie.

Die vyfjarige Cayson staan langs sy pa om dié eg Suid-Afrikaanse tradisie te vier.

Ferdi, oorspronklik van Pietersburg, en sy vrou Leigh, oorspronklik van Durban, het in Junie 2019 na Wene verhuis. Hulle het in Oktober 2020 in hul eie huis ingetrek in St Pölten, ʼn dorpie buite Wene. “Hier mag ons braai soos ons wil, want hulle is te streng in Wene oor oop vure.”

Die gesin het twee seuns, Cayson (5) en Kohen, wat nou een jaar oud is. Leigh en die twee seuns het Duitse paspoorte. Ferdi werk as ʼn stelsel-ingenieur by Frequentis, ʼn maatskappy wat kommunikasie- en inligtingstelsels vir onder andere lugverkeer en openbare veiligheid en -vervoer ontwerp.

Wat mis hy die meeste van Suid-Afrika? “Ek mis my familie, vriende en die Bosveld.”

Ferdi sê die koue is maar rof op die vlamme en hitte, so hy het vir ontbyt net ʼn paar worsies gebraai.

Posted by Ferdi De Beer on Saturday, January 22, 2022

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.