Video: Eend speel wegkruipertjie met tier

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ‘n eend wat wegkruipertjie speel met ʼn tier is baie gewild op sosiale media. Die kort video is reeds meer as 5 miljoen keer gekyk.

In die video bekruip die tier die eend in ʼn poel modderige water. Die roofdier beweeg versigtig nader aan die eend wat skynbaar onbewus is van die gevaar in die water.

Net toe die tier egter homself gereed maak om aan te val, duik die eend en verdwyn onder die water. Die tier is baie verbaas – hy kyk rond, maar kan nie die eend sien nie.

Die eend kom dan te voorskyn agter die tier en kan veilig uit gevaar beweeg.

Die video is deur die gebruiker Buitengebieden op Twitter gedeel, maar dit is nie bekend waar dit verfilm is nie.

“Eende is slimmer as tiers!” skryf een gebruiker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.