Dié eendjie het ternouernood ontkom danksy slimstreke en dit vrygespring om ʼn tier se middagete te word.
Volgens hierdie Daily Mail-berig is die video minstens twee jaar oud, maar dit het weer wyd op sosiale media versprei toe die Twitter-gebruiker Bruitengebieden dit weer gedeel het.
Die video wys hoe die tier na ʼn eend toe swem.
Alhoewel dié groot katte berug is vir hul jagvernuf, was dié eend net te slim. Die eendjie duik vinnig onder die water in en verskyn dan weer ʼn entjie verder – net buite die tier se bereik. Die tier is duidelik verward oor dié slinkse prooi.
The great escape.. pic.twitter.com/OybbvAdahr
— Buitengebieden (@buitengebieden_) July 28, 2020
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
HAHAHAH!!!!
Lol, ek hou van die manier waarop die tier rondkyk waarheen het die eendjie verdwyn.
Ah, te oulik!!!
Wie nie sterk is ,moet slim ‘eendjie’ wees
“Waar is my happie heen”? Die eendjie was nou baie slim.