Video: Honde se wêreldrekord-conga

Skermgreep uit die video

ʼn 12-jarige hondeafrigter van Duitsland het ʼn Guinness-wêreldrekord ontvang omdat sy haar honde geleer het hoe om die conga te dans.

Alexa Lauenburger het agt van haar honde geleer om ʼn conga-lyn te vorm – en daarmee ontvang sy die Guinness-titel as “Meeste honde in ʼn conga-ry”.

Die conga is ʼn Latyns-Amerikaanse dans waar een persoon agter ʼn ander staan om ʼn ketting te vorm.

Alexa en haar honde, Emma, Jennifer, Katy, Maya, Nala, Sabrina, Sally en Specki, het die conga-ry voor ʼn Guinness-beoordelaar gevorm. “Die eerste hond in die ry (Sally), wat op Alexa geleun het, moes ʼn minimum afstand van 5 m in conga-formasie aflê terwyl die res poot-tot-rug-kontak moes behou met die hond voor hulle vir die duur van die dansie,” het Guinness-wêreldrekords gesê.

ʼn Video van die poging verskaf groot genot onder kykers en meer as 1,4 miljoen persone het dit reeds op Facebook gekyk.

Alexa het ook reeds Das Supertalent gewen – ʼn Duitse talentkompetisie. Sy het ook op America’s Got Talent verskyn waar beoordelaars gaande was oor haar vertoning.

Most Dogs In A Conga Line – Guinness World Records

Dedicated trainer Alexa from Germany taught her dogs how to conga – and they love it! ????????????????????????????????????

Posted by Guinness World Records on Wednesday, June 10, 2020

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.