Video: Honderde fietse uit kanaal gehaal

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn kanaal wat in Amsterdam, Nederland skoongemaak word, laat kykers verstom.

Die gebruiker Cosas de la Vida het die kort video op Twitter gedeel waar dit reeds meer as 8 miljoen keer gekyk is. Honderde fietse en selfs ʼn bromponie is uit die kanaal gehaal.

De la Vida het die video bloot beskryf as: “Die kanale van Amsterdam word skoongemaak.”

Kykers is verstom oor die beeldmateriaal. “Ons het ʼn paar jaar gelede ʼn uitstekende bootvaart meegemaak. Ons gids het gesê ʼn derde van die kanaal bestaan grootliks uit fietse. Dit lyk of sy reg was!”

Nog ʼn persoon sê hulle was met hul eerste besoek aan Nederland verstom oor die hoeveelheid fietse op land, “ek het nie ʼn idee gehad daar is net soveel onder water nie!”

Volgens The Guardian word duisende fietse elke jaar in riviere, mere en kanale gegooi. Niemand weet waarom so baie fietse in die water beland nie. “Die situasie in Amsterdam kan miskien die beste deur wiskunde verduidelik word,” het die publikasie berig. “Daar is ongeveer 2 miljoen fietse in die stad en 30 myl kanale. Logika sê die een sal na die ander oorspoel. Wanneer ʼn Amsterdammer van ʼn ou fiets ontslae moet raak, is ʼn waterweg ʼn gerieflike ashoop.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Koos 100 ·

Ek is seker dit het iets te doen met die feit dat dagga wettig is en orals bekom en gebruik kan word!

Alida ·

Jy verkeer onder ‘n wanindruk. Slegs sogenaamde “koffiewinkels” mag dagga onder baie streng voorwaardes verkoop en dit moet op die perseel gebruik word. Regulasies oor die gebruik van dagga in SA is nou minder streng as in Nederland.

Koos 100 ·

Dankie Mel. Ja dit was. Soms dink ek my humor sin is bietjie te hoog vir sommige mense!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.