Video: Krokodil gou gevang ná hy ontsnap

Skermgreep uit die video

ʼn Video van werknemers van die St. Augustine Alligator Farm-dieretuin in Florida in die VSA wat poog om ʼn krokodil aan te keer wat uit ʼn voertuig ontsnap het, maak opslae op sosiale media. Die werknemers was besig om die reptiele na ʼn ander ligging te skuif.

In die 12 sekonde lange video kan mens sien hoe personeel van die dieretuin sukkel om die krokodil aan te keer. Die krokodil het die ruit van die voertuig gebreek om te ontsnap.

Die personeel het egter vinnig reageer en seker gemaak dat hulle hom vang voor hy ʼn bedreiging vir die publiek kon inhou. Die dieretuin het die video op sy Facebook-blad gedeel.

“Ons was besig om die krokodille na ʼn ander deel van die dieretuin te skuif … Die dier het die agterste ruit gebreek en vinnig oor die pad gehardloop. Ons span het vinnig reageer om hom weer aan te keer en hom veilig na sy nuwe habitat te neem.”

Volgens die dieretuin was daar “in geen stadium enige gevaar nie, omdat die dier se bek vasgemaak was”.

Die dieretuin het ook die “girl power” geloof, omdat twee van die personeellede wat die reptiel weer aangekeer het, vroulike werknemers is – Karsyn McCreedy (reptiel-bewaarder) en Gen Anderson (algemene kurator).

Die video is deur ʼn persoon genaamd Jessica Stark verfilm. Talle gebruikers het die span geloof vir hul knap hantering van die reptiel.

“Mens kan jou net indink hoe verbaas mense in die motors agter die voertuig was!” het een persoon in die kommentaar geskryf.

First Coast News het ʼn onderhoud gevoer met die twee vroulike werknemers. Anderson het gesê die reptiele is oor ʼn baie kort afstand, slegs ongeveer 160 meter, vervoer.

McCreedy was agter in die voertuig saam met die reptiele. Sy het gesien hoe die dier aanhoudelik “agteruit beweeg”, maar voor sy enigiets kon doen, het hy die ruit uitgestamp.

Crocodilian Door Dash ????

THIS is why we have extensive training and do drills, to prepare for moments like this. ???? Earlier today, we were relocating crocodilians to another area of the Zoo. They were secured and placed into our Zoo Van. This animal broke the back window of the van and made a dash down the road. Our crew acted quickly to recapture it, and deliver it safely to it’s new habitat. At no time was there any real danger as the animal’s mouth was secured. And impressive “GIRL POWER”! Karsyn (Reptile Keeper) and Gen (General Curator) recaptured it, with help from Ryan and Donald from Maintenance. ????Thank you to Jessica Stark for this awesome video!

Posted by St. Augustine Alligator Farm Zoological Park on Tuesday, February 22, 2022

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris ·

Dit is een dier/reptiel wat jy nie mee in ‘n skermutseling mee wil betrokke raak nie. Jy sal goed tweede daarvan afkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.