Video: Luiperd val fietsryer aan

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn voorval wat in Januarie in Haldibari, Indië plaasgevind het, maak weer opslae op sosiale media.

Volgens die nuusagentskap ANI het dit by die Kaziranga-wildtuin in Assam plaasgevind en die voorval is deur kringtelevisiekameras in die gebied opgeneem.

Die video is deur verskeie gebruikers op sosiale media gedeel, insluitend beamptes van die Indiese bosboudiens.

ʼn Man met ʼn oranje trui ry op sy fiets langs die pad. ʼn Luiperd kom dan skielik uit die bos te voorskyn en spring op die man. Die man verloor sy balans en val, maar die luiperd hardloop weer terug in die woud.

Kykers meen die rooi motor het die man se lewe gered. “Die luiperd het geskrik vir die aankomende motor. Dit het die fietsryer se lewe gered,” skryf een persoon.

Ander kykers meen die fietsryer is “uiters gelukkig”.

Die voorval het op 19 Januarie 2022 plaasgevind. Die man is nie ernstig beseer tydens die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Voilet ·

Snaaks die mense het nie eers gestop om te hoor is hy okay nie. Hul ry net aan

Pieter ·

Ek dik dalk daai ou het so snaakse reukie afgegee toe die luiperd hom bespring. Dalk die rede hoekom hy weer so vinnig terug is in die bos in :)

Twallie ·

Glo darem nie. Luiperds is ‘n algemene ding in hul dorpe en stede agv van mense wat hul habitat oorneem.
Hul prooi daar op rondloper honde ens. Dis maar net nog hartseer ‘n voorbeeld van verlore habitat wat meer interaksie met mense tot gevolg het. Die Indiërs is egter baie meer verdraagsaam as in ander lande.

Mel84 ·

Shame, hy het so groot geskrik hy gaan sommer terug huis toe. Wat is die kanse?

Melli ·

Oh my soul lankallaas so lekker gelag maar weet dit kon ook lelike einde gehad het, dai ou het sommer verkleur

Nettie ·

Hoekom het die kamera “inge-zoom” net voor dit gebeur het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.