ʼn Video van ʼn man wat in ʼn kind se eetstoeltjie vassit, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.
Die voorval het by ʼn hotel in Cambridge in Engeland plaasgevind. Die plaaslike brandweer is uiteindelik ontbied om hom te bevry.
John Henshaw het die video op 13 Augustus 2014 op Facebook gelaai en dit is reeds byna 90 000 keer gedeel en een van die YouTube-weergawes is reeds byna 450 000 keer gekyk.