Video: Ongewone troeteldiere gebruik om Covid-19-reëls te omseil

Die visbak is op die bankie te sien (Foto: Spanje se nasionale polisie op Twitter)

Spanjaarde het ʼn nuwe manier gevind om hul regering se afsonderingsreëls te omsel – om met ongewone troeteldiere te gaan stap.

Spanje is een van die lande wat die ergste getref is deur die Covid-19-pandemie en het streng afsonderingsreëls ingestel om die verspreiding van die koronavirus te voorkom. Inwoners word egter toegelaat om hul huise te verlaat om met troeteldiere te gaan stap – ʼn reël wat deur talle misbruik word.

Troeteldiereienaars het kreatiewe planne beraam: hulle gaan stap met hoenders, visbakke en ander ongewone troeteldiere om ʼn bietjie oefening en vars lug in te kry.

Die Spaanse nasionale polisie het Vrydag ʼn foto van ʼn man op Twitter gedeel wat beboet is toe hy met ʼn vis in ʼn bak gaan stap het en ander inwoners gewaarsku teen soortgelyke oortredings. In die foto kan die visbak op ʼn bankie langs die beamptes gesien word.

Die Spaanse owerhede het ook ʼn video gedeel van ʼn man wat met sy hoender – aan ʼn leiband – gaan stap het.

Nog ʼn man is beboet toe hy met ʼn speelgoedhond gaan stap het.

Volgens die BBC het Spanje Sondag sommige riglyne opgehef toe kinders jonger as 14 vir die eerste keer buite toegelaat is. Ander afsonderingmaatreëls geld steeds en skole bly gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Fae Fubar ·

Whahaha. Te kostelik. Die hoender bied inderdaad ‘n haastige uitstappie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.