Denver, ʼn hond wat drie jaar gelede opslae gemaak het op YouTube nadat sy ʼn pakkie katbeskuitjies geëet het, het nou die Kersfeesboom beetgekry.
Denver se oorspronklike video is reeds byna 40 miljoen keer op YouTube gekyk.
Sy is nou ook beskikbaar as ʼn tekenboekbarakter met verskeie kinderboeke wat reeds op die rak beskikbaar is.
Haar video het pryse op MSN en NBC en selfs Animal Planet gewen. Sy het ook al onder andere op Good Morning America en Fox News verskyn.
Denver het grootgeword in Maryland in Amerika en sy bly saam met haar mensgesin en ʼn hondesussie Masey en katsussie Jersey.
Klik hier om haar Facebook-blad te besoek.
Hier is haar nuwe video (die oorspronklike video verskyn heel onderaan):