Video: Spietkops help man om die jawoord te vra

Skermgreep uit die video

Party mans is baie kreatief wanneer hulle die jawoord wil vra om seker te maak dis ʼn dag wat die paartjie nie sommer sal vergeet nie.

Troy Goldschmidt van Wisconsin in die VSA het besluit om verkeersbeamptes se hulp in te roep. ʼn Video van die gebeurtenis is baie gewild op sosiale media.

Die Eau Claire Police Department het die twee minuut lange video op 22 November gedeel. “Mens weet nooit wat sal gebeur wanneer ʼn motoris voorgekeer word nie,” lui die beskrywing by die video.

In die video word Troy deur die verkeersbeamptes voorgekeer en hulle vra hom om uit die motor te klim. Die tweede beampte versoek dan sy passasier, Moriah Prichard, om ook uit die motor te klim. Terwyl die eerste beampte dit laat blyk dat Troy in hegtenis geneem word, draai Moriah om om vir die tweede beampte te vra wat besig is om te gebeur.

Toe Moriah weer omkyk, staan haar kêrel op sy een knie – gereed om haar te vra om te trou.

Sy is duidelik verras en haar antwoord is “ja”. Die paartjie het die verkeersbeamptes bedank en omhels.

Die video is reeds meer as 35 000 keer gekyk.

“Baie dankie, ECPD!” skryf Troy. “Ek is so bly julle het die video, want ek kan byna nie onthou wat ek gesê het nie. Moriah en ek kan nie ophou glimlag nie!”

“Dis so oulik!” skryf iemand in die kommentaar. “Baie geluk aan die paartjie!”

“So oulik,” skryf nog iemand in die kommentaar. “Dis lekker om te sien hoe kalm sy deur die hele proses gebly het. Baie geluk aan die paartjie.”

“Dis baie pret dat die beamptes bereid was om deel te neem!” skryf ʼn derde.

You never know what's going to happen on a traffic stop ????

Posted by Eau Claire Police Department on Tuesday, November 21, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

George ·

niks so romanties soos om jou ander helfde te laat dink jy word toegesluit nie, dis soos die in ambulanse.

Ore ·

Mans is slim…hulle vra gewoonlik die ja- woord in ‘n 0mgewing waar die arme dame nie “nee” kan sê nie. Sal te verleë voel om die arme ou teleur te stel….lol

electricmango ·

O genade as dit in ons land moes gebeur vrees ek vir die veiligheid van die paartjie. Moet dit asb nie hier oorweeg nie – ten minste nie sonder n bucket kfc nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.