Video: Te oulik! Baba ballet saam

Skermskoot uit die video

Kinders kan maklik iemand namaak en hulle let baie fyn op na hul ouers en mense rondom hulle se gedrag en optrede. Hulle na-aap mens graag in ʼn poging om iets nuut aan te leer.

Een dogtertjie steel die harte op sosiale media in ʼn video waar sy haar tannie se balletpassies probeer namaak.

Die video is op Instagram gedeel deur Reggie Ann, die dogtertjie se ma. Sy skryf by die video: “Laura is haar heldin.”

Laura doen ʼn wawiel en vra die meisie om te kyk of sy dit ook kan doen. Sy probeer haar bes en raak ook met haar hande op die grond. Ná elke probeerslag klap sy vir haarself hande.

Laura doen ʼn pirouette, en die dogtertjie is ook vol selfvertroue wanneer sy in ʼn kring draai.

Meer as 600 000 mense het reeds op die “like”-knoppie op die video geklik en dit het duisende kommentare uitgelok.

“Sy volg en verstaan in watter posisie sy moet wees vir die beweging – dis ongelooflik!” skryf een kyker. “Ek is dol daaroor hoe sy haarself ná elke poging gelukwens,” skryf nog iemand. “Ek is mal oor die handklappery! Sy het baie selfvertroue.”

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Reggie Ann (@reggieann_)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.