Video: Te oulik! Papegaai sing mooi saam

Skermgreep uit die video

Papegaaie is baie slim voëls en kan maklik menslike spraak en geluide namaak. ʼn Video van ʼn papegaai wat met sy sangtalent spog, is tans gewild op sosiale media.

Die video is op Twitter gedeel waar ʼn man klavier speel en sy troeteldier saamsing.

Die papegaai kry dit reg om op noot die liedjie saam te sing en dit laat kykers verstom.

Die beskrywing by die video is bloot “singende papegaai”.

Sosialemediagebruikers het met hartjies en lag-emoji’s reageer.

“Wonderlik!” skryf een kyker. “ʼn Gefluit wat mense nooit sal kan namaak nie.” Nog iemand skryf: “Dis prettig om só maat te hê!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Antz ·

Is daai nie ‘n kokketiel nie? Ek is seker daarvan.. want hulle is net sulke slim voëls en kan ook baie mooi leer praat met genoeg aandag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.