Video: Teddiebere geniet hul gate uit op tuimeltrein

Skermgreep uit die video

ʼn Nederlandse pretpark, Walibi Holland, het 22 teddiebere op ʼn tuimeltrein sitgemaak en die rit verfilm – en dit lyk byna of hulle lewendig word van al die pret.

Walibi het die video op sy YouTube-kanaal gedeel waar die teddiebere op ʼn tuimeltrein genaamd “Untamed” ry. “Untamed’ het vyf rigtingwisselaars, ʼn val van 35 m en ʼn maksimum spoed van byna 92 km/h.

Walibi het vandeesweek heropen nadat dit weens die koronavirus-pandemie gesluit was. Besoekers moet egter vooraf kaartjies aanlyn koop omdat die park slegs ʼn beperkte getal besoekers toelaat.

Die bere is op die rit verfilm terwyl die park nog gesluit was – en dit lyk of hulle inderdaad hul gate uit geniet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sandra ·

Ja nee as ek my nie misgis nie, het sommiges geglimlag, die een voor aan die regterkant se wenkbroue het opgegaan van lekkerte. Darem het nie een van hulle ‘n kat geskiet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.