Dié video van ʼn klein dogtertjie in ʼn wasgoedmandjie wat die pret van ʼn tuimeltrein saam met haar pa in hul sitkamer beleef, het kykers gaande.
Die dogtertjie, Kayla, van Oklahoma in die VSA, kraai van die pret terwyl haar pa die gewip-wip-wip en opdraandes en afdraandes realisties op sy skoot namaak.
Die video op die televisie is van die Twister, ʼn hout-tuimeltrein by Knoebels-park in Elysburg, Pennsylvania.
Kayla is duidelik vasgenael in die belewenis, en sy skree selfs “versigtig, pappa!” in een stadium op die rit.
Ai dit lyk /klink of sy haar behoorlik gate uit geniet. Sy sal dit vir die res van haar lewe onthou!!!!
Dis te dierbaar.
Te kostelik!
Vol punte vir daai pappa en ja su sal dit onthou en vir almal vertel.
Soms kos dit niks of min om n kind n ondervinding te laat beleeff.
My kleinseuns was n paar dae by my en vra toe om vir hulle jellie te maak maar die enetjie se toe” genoeg om in te spring met ons voete”.
Sodra dit somer is, is dit wat die ouma vir hulle gaan doen.
Ek het so baie planne gehad vir hulle, toe word ek siek en hulle gaan huistoe.
Groot tranedal, ons aldrie…
Oulike oums jy ?
dis te dierbaar vir woorde. Sy klou vir die vale.