Video: Vrou aangekla oor leeu in haar Bentley

Skermgreep uit die video

ʼn Vrou van Thailand staan tereg op aanklag van die onwettige besit van ʼn jong leeu, het die polisie Vrydag gesê ná ʼn video van die dier in haar Bentley op sosiale media versprei het.

Die polisie het ondersoek ingestel toe ʼn video gedeel is waar die leeutjie in haar wit Bentley rondry in die vakansiedorp Pattaya. Meer as 2,6 miljoen mense het in daardie stadium reeds die video gesien.

Sawangjit Kosoognern is aangekla van oortreding van die Wet op Omgewingsake en Natuurlike Hulpbronne deur “ʼn beskermde dier te besit sonder magtiging”, het die sentrale ondersoekburo op sy amptelike Facebook-blad aangekondig.

“Ons het haar in hegtenis geneem,” lui die polisieverklaring.

Onder Thailand-wetgewing kan die vrou met tot 100 000 baht (sowat R53 000) beboet word en moontlik 12 maande tronkstraf.

Sawangjit het aan die polisie gesê sy het die leeu by ʼn ander vrou vir 250 000 baht gekoop, maar het nie ʼn amptelike oorhandigingsdokument ontvang nie, weens onvoldoende inligting oor die leeu se geslag.

Sy het die jong leeu aangehou in ʼn huis wat sy by ʼn man van Sri Lanka gehuur het, wat die Bentley in die video bestuur. Die man is na Sri Lanka gedeporteer, het die departement van nasionale parke gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris ·

Ek sal haar ook aankla. Jy ry nie ‘n leeu in ‘n Bentley rond nie. Laai hom in ‘n Rolls Royce of Maybach. Die beste is agter op ‘n Toyota. Hy kry vars lug en pas sommer ook die bakkie op.

Sandra ·

Niemand se wat van die leeutjie geword het nie. Wat dink sy, dat die leeu die ryery met die geraas om hom geniet? Katte hou mos nie van geraas nie. Ek is bly hulle het haar gearresteer.

Patch ·

Chris, jou kommentaar het my dag gemaak ☺☺☺Mooi verwoord.
Ry jy ‘n Toyota bakkie? Vra net…vir ‘n vriend ☺

Danie ·

Dis vir my wreed teenoor n dier met wilde instinkte.
Die vrou het elk geval swak smaak as jy kyk na die rooi strepe op n wit bentley.
En asof n boete haar nou sal pla.

COBUS ·

Ek het net ‘n vraag.
Het B. Cele ooit amptelik om verskoning gevra vir sy gedrag teenoor Ian Cemeron?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.