Sukkel jy om ʼn uitlaatklep vir jou kreatiewe sy te ontdek? Suzelle DIY deel in haar jongste video ʼn paar nuttige voukuns-wenke wat jou die beste origami-kunstenaar onder jou pelle kan maak!
Dié doen-dit-self-foendi snoer in die video kragte met White on Rice, ʼn bekende origami-kunstenaar in sosialemedia-kringe.
Origami, of voukuns, is wanneer velle papier só gevou word dat dit as’t ware ʼn kunswerk vorm. Hulle wys onder meer hoe om skattige kersliggies te vou met net ʼn paar velle skoon papier.
Dié maklike projek kan ook nuttig wees om woelwaters uit die kwaad uit te hou, hulle help om kreatief te wees of as kuns-en-kultuur-projek by die skool te dien.
Lees alle vorige berigte oor Suzelle DIY op Maroela, sluit by haar YouTube-kanaal aan of besoek haar Facebook-blad.
Besoek ook White on Rice se YouTube-kanaal.
Suzelle bring vreugde en sonskyn in my lewe in hierdie vaal verdorre korrupte land van ons. Suzelle ek is mal oor jou en kyk jou videos oor en oor….beter as enige iets op TV. Suzelle bo!!!!
Suzelle is so snaaks!