Video: Yslike foon staan 2,4 meter hoog

Skermgreep uit die video

ʼn YouTuber het opspraak gemaak toe hy ʼn video gedeel het van ʼn yslike iPhone wat hy self gebou het.

Die model van die iPhone 14 Pro Max, Apple se selfoon met die beste spesifikasies tot dusver, staan 8 voet (2,4 meter) hoog.

YouTuber Matthew Beem het die selfoon in ʼn waentjie in die strate van New York rondgestoot om met die kenmerke te spog. Die toestel bestaan uit ʼn raakskerm-televisiestel wat verbind is aan ʼn Mac Mini.

Beem het ook ʼn volumeknoppie bygevoeg.

In die video deel Beem die proses van hoe hy en sy maats die reusagtige toestel aanmekaar gesit het. Hulle het met ʼn stewige metaalraam begin wat as die fondasie dien vir die enorme selfoon.

Danksy die Mac Mini kan die toestel verskillende apps hanteer wat gereeld op iPhones gebruik word. Hulle het foto’s geneem, speletjies gespeel, ʼn kamer by ʼn hotel bespreek en selfs ʼn horlosie deur Apple Pay betaal.

Beem se poging het ʼn vorige rekord deur YouTuber ZHC, wat ʼn iPhone van ses voet hoog in 2020 gebou het, verbeter.

Klik hier om die video te sien as hy nie in jou webblaaier wil speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.