Vrou met kameelperdkuttels betrap by lughawe

(Foto: U.S. Customs and Border Protection/Facebook)

ʼn Vrou van Iowa in die VSA is met kameelperdkuttels by ʼn lughawe in Minnesota betrap. Sy het met die bolvormige stukkies mis van Kenia na Amerika gereis.

Doeane-beamptes het beslag gelê op die mis toe sy dit in haar dokumentasie verklaar het. Sy het aan landbouspesialiste by die doeane gesê sy wil graag ʼn halssnoer daarmee maak, omdat sy vantevore juweliersware van Amerikaanse elande se mis gemaak het.

Die beamptes het die ontlasting vernietig deur middel van stoom-sterilisasie.

Omdat sy dit verklaar het eerder as om dit deur doeane te probeer smokkel, sal sy nie gestraf word nie.

“Daar is ʼn werklike gevaar om ontlasting in die VSA in te bring,” het LaFonda D. Sutton-Burke, direkteur van bedrywighede by die Amerikaanse doeane-beheer (CBP) in Chicago, in ‘n verklaring gesê. “As die persoon die VSA betree het en nie die items verklaar het nie, is daar ʼn groot moontlikheid dat die persoon ʼn siekte kon opdoen uit die juweliersware en ernstige gesondheidskwessies ontwikkel het.”

Sutton-Burke sê alle ontlasting van herkouende diere vereis ʼn veeartsenydiens-permit voor dit in die VSA toegelaat word. Siektes soos Afrika-varkkoors, klassieke varkkoors, Newcastle-siekte, bek-en-klouseer en varkblaassiekte kom in Kenia voor.

“CBP se landbouspesialiste het omvattende opleiding en ervaring in die biologiese en landbouwetenskappe,” voeg Augustine Moore, CBP-direkteur in Minnesota, by. “Hulle ondersoek reisigers en vrag wat in die VSA per land, lug en see aankom.”

(Foto: U.S. Customs and Border Protection/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Karoo ·

Wanneer laas het ek die woord “Kuttels” gehoor…. hoe lekker lag en nou.

miche ·

En ek voel al koorsig van al die riool wat hier in onse Suid Afrika se strate vloei.

Kirst ·

Ek kan nie tel hoeveel keer ek al aan ‘n bokkuttel spoeg kompetisie deelgeneem het nie. My kinders en baie ander mense saam met my, en niemand het nog ooit siek geword daarvan nie. Hoe sal sy dan siek word daarvan om dit om haar nek te dra?

Linda ·

Vra dit en sommige Amerikaners se huise is so vuil dat jy die runderpes eerser daarbinne sal optel.

JohanR ·

VSA is baie streng oor in voer. Ek het eenkeer saad baie mooi weg gesteek, en aan my broer in Florida gesteur maar hulle het dit gekry. Soe kan ons nou se die ANC gooi kuttels?

Linda ·

Kameel kuttels is nie vye nie…Oeps Kameelperd kuttles is nie vye nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.