Waar moet jy parkeer? Hier is die antwoord

Argieffoto (Foto: By heartbeaz, oorspronklik op Flickr gepubliseer as Cars via Wikimedia Commons)

Ons almal ken die gevoel: jy ry op ʼn Saterdagoggend by jou plaaslike winkelsentrum se parkeerterrein in en dit voel of jy nie plek gaan kry om te parkeer nie.

Wat is jou beste opsie? Vat jy die eerste een wat jy sien, of ry jy tot so na as moontlik aan die sentrum se ingang?

Fisici Sidney Redner van die Santa Fe Institute en Paul Krapivsky van die Boston-universiteit het die berekeninge namens jou gedoen. “Daar is talle studies oor parkeerterreine, maar dit is só ingewikkeld, dat mens uiteindelik nie weet wat eintlik gebeur nie,” het Redner aan Mental Floss gesê.

Die twee kenners het statistiese fisika gebruik, wat sin maak van groot stelsels, en drie eenvoudige en realistiese parkeerstrategieë ontsyfer. Die doel was om te sien watter strategie sal seker maak dat jy so min as moontlik tyd hoef te spandeer om in die parkeerterrein rond te ry en na en van jou motor te stap.

Volgens hulle is daar drie verskillende tipes motoriste:

Sagmoedige motoriste: Dié bestuurders parkeer in die eerste oop ruimte wat hulle sien – maak nie saak hoe ver dit van die ingang is nie. Dié persone spandeer die meeste tyd om na en van hul motors te loop.

Verstandige motoriste: Dié bestuurders kyk na oop parkeerplekke, maar hou aan met ry totdat hulle ʼn geparkeerde motor sien en parkeer dan in die beste oop ruimte tussen die eerste oop spasie en die eerste geparkeerde motor. Hulle sal dus verby ʼn paar oop ruimtes ry om die een te kies wat naaste aan die ingang van die winkelsentrum is.

Optimiste: Dié motoriste ry tot teenaan die ingang en soek dan van die ingang af na die eerste oop ruimte. As hulle een sien, parkeer hulle daar, maar as daar nie enige oop ruimtes is nie, dan moet hulle terugry tot by die eerste oop ruimte. Hulle spandeer gewoonlik die meeste tyd om in hul motors rond te ry. In die ergste scenario parkeer hulle uiteindelik waar die sagmoedige motoris in die eerste plek sou parkeer het.

Die video hier onder bied ʼn volledige uiteensetting van die verskillende strategieë.

Watter metode verkies jy?

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

NeeBroer ·

Ek gaan VROEG inkopies doen voor die “malls of doom” besig raak in en uit.

PIJ ·

Stop so ver as moontlik. As jy terug kom is die kanse minder om duikplekke op jou deure te he

Wielspore ·

Stem saam met PIJ, die bonus is dat jy met die verder stap sommer oefening in kry.

Oujongvrou ·

As daar oop spasie is tussen 2 baie duur motors is die kanse min dat hulle jou motor gaan verniel. Nooit langs n erg verweerde onopgepaste, met selotape aanmekaargeplakte motor nie. Hulle het niks om te verloor as hulle jou motor met hulle deur slaan nie

koos ·

Dat twee geleerde mense so hulle tyd kan mors, op iets wat almal al lankal behoort te weet, verstommend.
Plaas hulle gebruik hulle kennis om iets te doen wat almal en die planeet kan laat baat.

Swanna ·

Stem Koos. So hulle is dan ook nie inteligent om hulle tyd te mors op sulke onbenuligheid want elke peroon het sy eie personlikheid en gaan in elkgeval stop waar hy dit vir hom die veiligste en beste voel.

Carina ·

Ek gee om vir en kyk goed na my voertuig. So ek weier om enigsins tussen ander voertuie te parkeer. Ek het al te veel kere gesien hoe mense hul deure letterlik oop gooi teen jou voertuig. Ek ry tot die verste punt waar geen voertuie is nie, en soek ook die breedste parkeerplek wat daar is. Gewoonlik is daar een naaste aan ‘n randsteen waar die spasiëring nie altyd uitwerk nie. Maar met my geluk kom daar gewoonlik een met dieselfde idee en kom parkeer reg teen my!! Ek weet nie hoekom almal so druk om by ‘n ingang te parkeer nie. Hulle vergeet hoeveel km hulle binne die mall loop, so wat is die entjie van jou kar af deur toe nou?

Kerneels ·

Daar is die 4de soort persoon: Parkeer in die gestemdes se plek of die een wat voor die ingang stop en in die voertuig sit en wag.

piper ·

ek het eendag n persoon aangevat wat in n gestremde parkering staan. toe ek vir hom se ek kan sien waarom hy hier parkeer omdat hy sielkundig gestrem is . ek moes toe hardloop.

Valerie ·

Ek parkeer gewoonlik in ‘n oop parkeer ruimte. Waaroor die bohaai oor niks?

Adri ·

Jy kan nie tyd spandeer nie. Jy kan dit nie uitgee nie, want jy besit dit nie! Bring tyd deur of staan tyd af of wy tyd aan … enige iets, maar nie spandeer nie!

Miekie ·

Dan is daar die 5 de persoon. Wat regtig gestremd is. Indien daar wel n plekkie oop is vir gestremde mense is daar nie ‘n wag in sig om die kegel weg te neem. Gee die parkering die verste vd winkel af. Ek ry in elk geval met ‘n rolstoel. So maak nie saak as ek ver parkeer nie. Weet ek sal ‘n groot parkering kry vir my rolstoel en selfsugtige mense kry naby parkering

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.