Toiletpapierrolletjies kan op allerhande kreatiewe maniere ingespan word en mens hoef dit beslis nie weg te gooi nie!
Hier is ʼn paar praktiese wenke:
Dekoratiewe spieël
Jy kan jou mure met dié oulike dekoratiewe spieël versier. Knip die rolletjie in kleiner stukkies en plak dit alles saam. Plaas dit dan rondom ʼn spieël.
Klik hier om stap-vir-stap te sien wat om te doen.
Stoorplek vir speelgoedkarretjies
Jy kan dié maklike motorhuis bou vir jou kind se speelgoedkarretjies – dit lyk boonop sommer baie netjies!
Plant ʼn saadjie
Karton is ideaal vir ʼn saadjie, omdat dit uiteindelik kompos sal word.
Klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.
Organiseer jou lessenaar
As jy ʼn plek nodig het waar jy penne, potlode en ander skryfbehoeftes kan bêre, is dié organiseerder jou antwoord. Verf die rolletjies en plak dit alles op een groot stuk karton.
Voer die voëltjies
Bedek ʼn toiletrolletjie met grondboontjiebotter en dan met voëlsaad
Hou jou kabels netjies
Hou jou kabels netjies met dié eenvoudige wenk – jy sal nooit weer sukkel om dit te ontkoek nie!
Hou jou wol netjies
Jy kan jou wol of garing maklik om ʼn toiletrolletjie draai en dit alles netjies op een plek hou.
Organiseer jou serpe
Plaas die toiletpapierrolletjies in ʼn leë laai, rol jou serpe op en plaas elkeen in ʼn rolletjie.
Bêre jou geskenkpapier
Maak seker jou geskenkpapier rol nie vanself af nie.
ʼn Elegante geskenkboksie
As jy ʼn klein geskenkie vir iemand gee, is ʼn toiletpapierrolletjie dalk net die ding!
My dogter gebruik dit on die kinders se onderklere netjies in hulle kas te stoor nadat hule self geverf het na hulle smaak.
Dit is baie oulike wenke. Ek geniet die om kreatief te wees. Ek sal nog wenke baie waardeur. Lekker naweek almal
Met ‘n sker, knip die punte in parallelle 8mm stroke na die middel van die rolletjie toe vir sowat ‘n derde van die lengte van die rolletjie. Herhaal reg rondom die een kant en herhaal na die ander kant. Buig nou al die punte na buite toe sodat ‘n effektiewe wiel gevorm word deur die punte. Jou kat het sopas die beste speelding gekry wat jy ooit vir ‘n kat kan gee.
Wow Maroela en Casper, dit is regtig nice.