Uitdrukking:
Koud en warm uit een mond blaas.
Betekenis:
Jou weerspreek.
Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan die fabel van Esopus: Op ʼn baie koue oggend kom ʼn bosgod op ʼn man af wat sy vingers blaas om hulle met sy asem bietjie warm te probeer maak. Die bosgod kry die man toe jammer en nooi hom saam huis toe vir ʼn bord heerlike sop. Omdat die sop te warm is, blaas die man daarop. Sy gasheer smyt hom toe by die deur uit omdat hy met dieselfde asem (en mond) warm en koud blaas.