‘n Gemaskerde rower het moontlik gedink dit sou maklik wees om ‘n 96-jarige winkeleienaar te beroof, maar hy het Maandag sy moses teëgekom.
Lees meerAlles vir Woensdag 17 Julie 2013
“Mens moet net sterk staan,” sê Ina Bonnette
Regter Bert Bam het Woensdag tydens vonnisoplegging gesê veroordeelde moordenaar Johan Kotze lyk “inherent boos”.
Oorsaak van Glee-akteur se dood bekend gemaak
Die oorsaak van Cory Monteith, ster van die televisiereeks, Glee, is Woensdag bekend gemaak.
Man in hof oor naakte lyk
‘n Werknemer van ‘n begrafnisondernemer wat by ‘n kantoor van binnelandse sake met ‘n naakte lyk in sy kattebak opgedaag het, het Woensdag in die Germiston-landdroshof verskyn.
“Daar is genoeg ambulanse,” sê departement
Die departement van gesondheid in Gauteng het gesê bewerings dat daar nie genoeg ambulanse in die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit is nie, word nie deur feite gestaaf nie.
Rekordgetalle vir beroepswedders oor koninklike baba
Na verwagting sal Prins William en Catherine Middleton, die hertog en hertogin van Cambridge, se baba binnekort sy (of haar) opwagting maak.
Video en foto’s: “Lewensreddingsbaadjie” vir ‘n goudvis
Leighton Naylor (32) van Blackpool in Brittanje het ʼn lewensreddingsbaadjie vir sy goudvis, Einstein, gemaak nadat hy ʼn siekte opgedoen het wat veroorsaak het dat hy nie meer kon swem nie.
Uitdrukking: Koud en warm uit een mond blaas
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse uitdrukking ‘Koud en warm uit een mond blaas’.
Gedagte vir die dag: Eienskappe van ware Christenvriende
Hoe lyk ware Christenvriendskap? Kom ons ontleed so vriendskap volgens eienskappe wat maklik is om the herken. Christenvriende se liefde is vol opofferings Niemand het…
Ceres-krediethoof gevonnis
Evan Craig Simrie, voormalige krediethoof by Ceres Fruit Juices in die Paarl is Dinsdag gevonnis nadat hy meer as R1.5 miljoen verduister het.
Te min ambulanse in Wes-Rand
Die distriksmunisipaliteit in die Wes-Rand, Gauteng, het glo nie genoeg ambulanse om sy inwoners te diens nie, het die DA Woensdag aangevoer.
‘Modimolle-monster’ en kie gevonnis
Regter Bert Bam het Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof veroordeelde moordenaar Johan Kotze, die sogenaamde ‘Modimolle-monster’ en sy drie medepligtiges gevonnis.
Jong seksslawe gered
Vier meisies is gered nadat hulle glo vir seks in Kaapstad gebruik is, het polisiebeamptes Woensdag gesê.
Hof stampvol vir ‘Modimolle-monster’-vonnis
Die Pretoriase hooggeregshof is Woensdag stampvol vir die vonnisoplegging van veroordeelde moordenaar Johan Kotze, die sogenaamde ‘Modimolle-monster’, en drie van sy medepligtiges.
Kuba in sop oor wapens na Noord-Korea
Kuba het glo ‘n wapenvonds aan boord van ‘n Noord-Koreaanse skip in Panama as niksseggend probeer afmaak.
Dagvaardings ná 83-jarige sterf; onderwyser gedeeltelik verlam gelaat
Johan Liebenberg van Pretoria dagvaar ʼn aftreeoord en ʼn aantal dokters en verpleegsters vir nalatigheid nadat sy 83-jarige ma aan bedsere oorlede is.
90% van SA-jeug neem deel aan Mandela-dag
Nege uit 10 jong Suid-Afrikaners beplan glo om aan Mandela-dag deel te neem.
20 laerskoolkinders dood ná “vergiftigde” middagete
Twintig laerskoolkinders is dood nadat hulle ʼn gratis ete by ʼn skool in oostelike Indië geëet het, het beamptes Woensdag gesê.
‘Gesteelde’ weermag-ammunisie: Beskuldigdes in die hof
Twee mans wat van handel in gesteelde weermag-ammunisie beskuldig word, het in Gauteng in die Lenasia-landdroshof verskyn.
Nuuskommentaar: Wapenondersoek of inkwisisie van Zuma-teenstanders?
Vir amper ‘n dekade en ‘n half hang die omstrede wapentrasaksie van 1999 steeds soos ‘n albatros om die land se nek. Die omstredenheid het verdiep namate stappe skynbaar geneem is om die ondersoek te laat sneuwel, of minstens belangrike politici skotvry daarvan te laat afkom.