deur Marlo Kitshoff- Carstens
Vrouekeur se beproefde resepte is lankal in menige huishouding gewild, en met rede. Dis kos wat mens lus maak om te kook en die resultate lok altyd komplimente uit. Elke boek se resepte is onder vyf temas ingedeel en deel 1 bevat veral trooskos soos beskuit en lekker warm geregte soos soutterte, bredies en pasteie en wat vir seker die winter sal troef.
50 Beste uit Vrouekeur 1:
Temas:
- Vleis
- Bredies en pasteie
- Ligte etes
- Beskuit en koekies
- Soetgoed
Die skrywer:
Marlo Carstens, is Vrouekeur se kosredakteur sedert die eerste uitgawe in Oktober 1999 lig gesien het, is ma van twee woelige seuns en verstaan die eise van vrou en ma wees. Dis daarom dat haar resepte enige vrou – selfs die wat sku is vir kosmaak – sal inspireer.
Uitgewer: LAPA Uitgewers
Prys: R79-95*
*prys onderhewig aan verandering