Marius Titus (Geb. 1946)
So tussenin die makeshift hysies,
elke aand voor die etensuur,
dán maak ons vuur.
Om te keer teen die elemente
van koud en starvation,
om te sorg vir oorlewing
van die squatter nation.
Dan… as die vrouens in die potte roer,
dan maak ons kos-
potjiekos my broer.
Nou hoor ek die whaaities maak ook so,
seker by ons gesien wat en hoe.
Shame, dan keer hulle ook seker
teen die koud en die starvation.